• Login
  • Search Icon

Koos vat 'n eerste plek huis toe

October 2011

RUTH DAVIES, SA GRAAN/GRAIN MEDEWERKER

Mnr Koos Mthimkhulu van Senekal is as vanjaar se Ontwikkelende Graanprodusent van die Jaar aangewys. Mthimkhulu is op ‘n plaas in die Paul Roux-omgewing gebore waar hy reeds op ‘n jong ouderdom take op dié plaas begin verrig het. Hy het op 26-jarige ouderdom na die plaas, Mieliebult, verhuis waar hy onder leiding van mnr Frikkie du Preez kennis opgedoen het van implemente en gewasaanplanting. In 2007 is hy die plaas, Astoria, deur die Departement van Landbou en Grondsake aangebied. Hy is ‘n suksesvolle produsent en word ondersteun deur sy seun, Clifford, wat saam met hom boer. Die ondersteuning wat hul van Graan SA ontvang is vir hulle van onskatbare waarde. “Baie dankie vir Graan SA se hulp en ondersteuning, want sonder julle sou ek nie hier gestaan het nie,” was Koos se woorde tydens die oorhandigingsgeleentheid.

image

Absa is die medeborg van dié geleentheid en ook die borg van die Ontwikkelende Graanprodusent van die Jaar-toekenning. Volgens Ernst Janovsky (hoof: Absa Agribesigheid) bly die groot vraag: hoe kan produsente se boerderye bly groei? “In ag geneem die beleide en kostekurwes op die agtergrond – hoe kleiner jou boerdery word, hoe kleiner is jou kans om te ontwikkel,” het hy gesê.

Volgens Janovsky is dit ‘n groot eer en prestasie om as ‘n finalis en wenner in die Ontwikkelende Graanprodusent van die Jaar-kategorie aangewys te word. “Dit is ‘n bewys dat jy bogemiddeld presteer het.”

Absa beloon die Ontwikkelende Graanprodusent van die Jaar-wenner met R27 500.

Publication: October 2011

Section: Other Articles

Search