• Login
  • Search Icon

Kontrakteurs: Papierwerk kan baie trane spaar

December 2011

PIETMAN BOTHA, SENIOR LANDBOUNAVORSINGSKUNDIGE, GRAAN SA

Baie produsente het hulself al in ‘n verknorsing bevind deur op kontrakteurs staat te maak, maar in dieselfde asem het baie kontrakteurs hulself ook in ‘n verknorsing bevind omdat produsente hulle nie betaal het nie.

In die meerderheid van hierdie gevalle is die ooreengekome spesifikasies nie op skrif gestel nie, of die kontrak was nie voldoende nie. Dit is al telkemale gesê dat goeie buurmanskap deur ‘n goeie draad verseker word, maar indien ‘n buurman as gevolg van ‘n ontydige breek in ‘n kritieke tyd in die moeilikheid is, kan hulp aan die  buurman tot beter buurmanskap aanleiding gee.

Hierdie goeie dade moet egter nie misbruik word nie, want dit veroorsaak slegte buurmanskap. Die vraag kan nou met reg gevra word: Hoe vergoed ek my buurman as hy my in ‘n kritieke tyd kom uithelp het? Hier sal elke produsent self moet besluit, maar ‘n goeie norm is om ‘n masjineriekostegids te raadpleeg en die buurman ten minste hiervolgens te vergoed.


Kliek op https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Des%202011_Kontrakteurs.pdf vir die volledige artikel.

Publication: December 2011

Section: Other Articles

Search