• Login
  • Search Icon

Ken jou onkruiddoder: Deel 8

May 2013

Deel 8: Jongosgras (Goosegrass )
 

image

Beheer van onkruide in mielies en koring
 

image image

ELBÉ HUGO, LNR-INSTITUUT VIR GRAANGE WAS SE EN HESTIA NIENABER, LNR-KLEINGRAAN INSTITUUT

Wetenskaplike naam: Eleusine corocana
Afrikaanse naam: Jongosgras, osgras
Engelse naam: Goosegrass, rapoko grass

Kort beskrywing

Jongosgras is ‘n eenjarige polgras wat tot 60 cm hoog raak, met ‘n baie sterk en goed ontwikkelde wortelstelsel. Kenmerkend van hierdie onkruid is sy kragtige aanvanklike wortelontwikkeling, wat dit goed aangepas maak by klimaatstoestande vir Suid-Afrika. Die halms is dikwels vertak, geknie by die basis en onbehaard. Die blaarskedes en halms vertoon kenmerkend plat en is ook onbehaard. Blare is sterk gevou en moeilik om te knak, kan tot 50 cm lank wees en 1 cm breed. Die bloeiwyse is helder liggroen en kan uit twee tot tien are of vingers bestaan. Die blompakkies is dig opmekaar ingepak op ‘n aar wat ook kenmerkend plat vertoon. Fisiologiese ryp sade is swart, ovaalvormig, met skerp riffies teen die sye dwarsoor die saad.

Verspreiding

Jongosgras word beskou as die mees algemene grasonkruid in bewerkte lande in Suid-Afrika. Dit is ‘n sterk kompeteerder as gevolg van ‘n goed ontwikkelde wortelstelsel. Meeste van die bekende grasonkruidspesies se saailinge lyk baie eenders en onderskeiding tussen vingergras (Digitaria spp.), beesgras (Urochloa spp.), buffelsgras (Panicum spp.) en jongosgras is soms moeilik.

Beheer

Bewerking
Jongosgras kan beheer word deur middel van ‘n vlak bewerking in die saailingstadium. Vlak bewerking sal veroorsaak dat vars saad na die oppervlak gebring word en ontkiem, wat verdere bewerking (skoffel) sal vereis. Jongosgras sal egter gedurende die somerseisoen aanhou ontkiem en daarom is skoffel nie ‘n baie doeltreffende manier om dit te beheer nie.

Chemies
Die doeltreffendste manier van grasbeheer is chemies, deur middel van onkruiddoders. Jongosgras is een van die mees vatbare grassoorte vir ‘n wye reeks vooropkoms- en na-opkomsonkruiddoders. Grasdoders bied die effektiefste beheer en waar swaar besmettings voorkom, moet beheer so volledig en tydig as moontlik wees.

Verskeie onkruiddoders is geregistreer vir die beheer van jongosgras in mielies en koring (Tabel 1 en Tabel 2). Volg die spesifieke aanduidings en dosisaanwysings slaafs na op elke produk-etiket.

image

image

Kontak altyd ‘n betroubare chemiese adviseur voor die gebruik van enige chemikalieë om die korrekte dosis en spesifikasies op die etiket na te kom.

image

Publication: May 2013

Section: Input Overview

Search