• Login
  • Search Icon

Ken jou onkruiddoder: Deel 7

April 2013

Deel 7: Withondebossie (White goosefoot)
 

image

Beheer van onkruide in mielies en koring
 

ELBÉ HUGO, LNR-INSTITUUT VIR GRAANGE WAS SE EN HESTIA NIENABER, LNR-KLEINGRAAN INSTITUUT

image

Kort beskrywing

Hondebossie is ‘n eenjarige, veelvertakte, regop kruid wat tot 1,5 m hoog kan groei. Hierdie onkruid het stewige penwortels en die stingel is gerib, groen-gelerig, dikwels rooierig gestreep en haarloos.

Die blare is enkelvoudig, afwisselend gerangskik en varieer van lansettot eiervormig. Blaarrande kan wissel van glad tot onreëlmatig getande rande. Blare is gewoonlik donkergroen aan die bokant en melerig-wit aan die onderkant.

Saailinge kan ook “wollerig” vertoon as gevolg van die wit verkleuring op die jong blare. Blare kan tot 5 cm lank en 3 cm breed wees. Hondebossie se blomme is groen, in digte eindstandige en okselstandige pluime, sonder ‘n kroon, met vyf gekielde kelkblare. Die sade is lensvormig, blinkswart en tot 1,5 mm in deursnit.

Verspreiding

Daar word ook algemeen na die onkruid as ‘n misbredie verwys, maar dit moenie verwar word met Amaranthus-spesies wat ook eetbaar is nie. Dit kom wydverspreid in Suid-Afrika voor, is rypbestand en kom algemeen voor in wintergewasse.

Beheer

Bewerking
Withondebossie kan beheer word deur middel van ‘n vlak bewerking in die saailingstadium.

Chemies
Die doeltreffendste manier van beheer is deur middel van onkruiddoders. Verskeie onkruiddoders is geregistreer vir die beheer van withondebossie in mielies en koring (Tabel 1 en Tabel 2). Volg die spesifieke aanduidings en dosisaanwysings slaafs na op elke produk se etiket. Groenhondebossie is ook ‘n Chenopodium spp. (C. carinatum) en alhoewel meeste onkruiddoders in Tabel 1 en 2 ook groenhondebossie kan beheer, moet produsente steeds seker maak watter

Chenopodium spp. op elke produk se etiket aangedui word. Kontak altyd ‘n betroubare chemiese adviseur voor die gebruik van enige chemikalieë om die korrekte dosis en spesifikasies op die etiket na te kom. Alle onkruiddoders wat geregistreer is vir die beheer van onkruide, is saamgevat in die publikasie A guide to the chemical control of weeds in South Africa. A CropLife South Africa Compendium.

image

image

Publication: April 2013

Section: Input Overview

Search