• Login
  • Search Icon

Kanolawerkgroepvergadering en Soill-toer gehou

March 2017

LIANA STROEBEL, ontwikkelingskoördineerder: Graan SA

Die Kanolawerkgroep het op 13 Januarie vanjaar hul eerste werkgroepvergadering vir die jaar gehou. Hierdie komitee vergader tweejaarliks en bestaan hoofsaaklik uit produsente vanuit die Suid- en Wes-Kaap, asook verskeie ver teenwoordigers van landboubesighede, die Wes-Kaapse Departement van Landbou, Bayer en die PNS, wat as gaste en kundiges die vergadering bywoon.

Hierdie werkgroep dien as ‘n platform om produsente en bedryfsrolspelers bymekaar te bring en is van kardinale belang vir die vooruitgang van die kanolabedryf in Suid-Afrika.

Sake wat hier bespreek word, sluit byvoorbeeld ‘n verslag van elke streek in, die registrasie van chemiese middels, terugvoering van navorsers en spesialiste rakende enige siektes wat op kanola voorkom en die beheer daarvan, beskikbaarheid van saad, markinligting, gra deringsregulasies, leweringstatistiek asook hoe Suid-Afrika met die internasionale kanolabedryf vergelyk.

Vier aspekte wat spesiale aandag tydens hierdie vergadering geniet het, was:

  • Die Swartland en Suid-Kaap het gedurende 2016 vir die eerste keer in baie jare albei goeie gemiddelde kanola-opbrengste gehad
  • Een nuwe chemiese produk is vir die 2017-kanolaseisoen vir Sclerotinia geregistreer
  • Sclerotinia en swartstam: Swamme se gekose verskyningstoestande, weerpatrone waarop gelet moet word en riglyne van presies wanneer om te spuit, is in diepte bespreek
  • Aftrekkings en gradering tydens die lewering van kanola.

Publication: March 2017

Section: Grain SA

Search