• Login
  • Search Icon

Is jou trekker te groot VIR SY SKOENE?

August 2011

LOUIS LAGRANGE, SENIOR LEKTOR: SKOOL VIR BIOHULPBRON-INGENIEURSWESE EN OMGEWINGSHIDROLOGIE, UNIVERSITEIT VAN KWAZULU-NATAL EN LID VAN DIE SUID-AFRIKAANSE INSTITUUT VAN LANDBOU-INGENIEURS

Brandstofverbruik van landboutrekkers word beinvloed deur ‘n kombinasie van verskeie faktore.  Gesien in die lig van die dramatiese stygings in brandstofpryse ontstaan die vraag: Wat kan produsente prakties doen om te verseker dat hulle nie brandstof vermors nie?

Twee belangrike vrae kan lig werp op moontlike besparings:
·       Is my trekker te groot vir die implement/bewerking en wat is die effek daarvan op my brandstofrekening?
·       Is my trekker oorgewig (en dorstig) en wat is die effek daarvan op my brandstofrekening?

Hierdie artikel werp lig op die eerste vraag. Basies kom dit daarop neer dat as my trekker te groot (vir sy skoene) is, gebruik ek heelwat meer brandstof om ‘n sekere hoeveelheid bewerking te doen.

‘n Lys van die verskillende faktore wat ‘n trekker se brandstofverbruik beinvloed, is:
·       Vrag op die enjin tydens bewerkings.
·       Implementkombinasie (werkswydte en diepte).
·       Totale gewig van die trekker.
·       Verspreiding van die gewig op die trekker deur die plasing van gewigte op die wiele en op die neus asook die gewigsoordrag vanaf die implement na die trekker.
·       Bandkarakteristieke soos tipe, deursnee en druk.
·       Implementverstellings en spoed van bewerking.
·       Grondtekstuur en grondvog.

 

Heelwat van hierdie faktore kan deur produsente beheer word. Alhoewel hierdie aspekte interverweef is en beide mekaar sowel as die trekker se brandstofverbruik beinvloed, is die twee hoofaspekte waarna produsente eerste op die plaas kan oplet die belading op die trekkerenjin en die trekker-implementkombinasie wat wielglip sowel as enjinbelading teweegbring.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Aug%2011_Trekker%20te%20groot%20vir%20skoene.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: August 2011

Section: Wenartikels

Search