• Login
  • Search Icon

Is daar hoop vir die biobrandstofbedryf?

April 2010

WESSEL LEMMER, SENIOR EKONOOM: MARKNAVORSING, GRAAN SA

Die gebrek aan ‘n ondersteunende biobrandstofbeleid het verreikende ekonomiese implikasies vir produsente omdat dit daartoe gelei het dat die biobrandstofbedryf sedert 2005 nie van die grond af kon kom nie. Kommer oor voedselsekuriteit en politieke inmenging was die redes waarom mielies uit die biobrandstofstrategie uitgesluit is.

Die geringe insluitingskoers van 2% bioetanol in die petroleumpoel was ‘n verdere tekortkoming in die strategie – onvoldoende en boonop nie verpligtend om die insluiting van bio-etanol in die nasionale petroleumpoel te waarborg nie. Die gebrek aan sekerheid oor insentiewe het tot gevolg gehad dat privaat inisiatiewe om bio-etanolaanlegte te vestig jammerlik misluk het.

Die onsekerheid oor vereistes waaraan grondstofvoorsiening moet voldoen het verder tot beleggers se kwynende belangstelling bygedra. So byvoorbeeld word steeds vereis dat grondstofvoorsiening vanaf nuwe produsente verkry moet word en dat voorsiening deur kommersiële produsente oor tyd moet uitfaseer.

 

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20April10_Biobrandstof.pdf vir die volledige artikel.

Publication: April 2010

Section: Input Overview

Search