• Login
  • Search Icon

Hoeveel kos dit jou werklik om te plant?

August 2010

PIETMAN BOTHA, SENIOR LANDBOUNAVORSINGSKUNDIGE, GRAAN SA

Wat moet ek produseer? Hoeveel gaan dit my kos om die gewasse te produseer? Wat moet my graanvertakking se gelykbreekprys of gelykbreekopbrengs wees? Om hierdie vrae te beantwoord gebruik Graan SA ‘n beplanningsmodel wat hulle en produsente in staat stel om gewasbegrotings mee op te stel en waarmee sinvolle besluite geneem kan word.

‘n Begroting is niks anders nie as ‘n geskrewe plan wat toekomstige optrede, uitgedruk in fisiese en finansiële groothede, saamvat. Aangesien dit om planne vir die toekoms gaan, word hierdie vooruitbeplanning op vooruitskattings, historiese gegewens, aannames en ondervinding gebaseer. Niemand kan egter die toekoms met al sy risiko’s en onsekerhede akkuraat voorspel nie. In die lig hiervan moet produsente, as gebruikers van begrotings, daarvan bewus wees dat begrotings, asook die aannames waarop dit berus, voortdurend aan veranderinge onderworpe is. Begrotings moet gevolglik nie as rigiede of vaste planne beskou word nie, maar eerder gesien word as ‘n bestuurshulpmiddel.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Aug%2010_Koste%20om%20te%20plant.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: August 2010

Section: Input Overview

Search