• Login
  • Search Icon

Hoe vergelyk plaaslike produsentepryse met VSA pryse?

September 2011

BARRETT SCHOEMAN, LANDBOU-EKONOOM: MARKOMGEWING, GRAAN SA

Die Nasionale Landbou Statistieke Diens (NASS), ‘n divisie van die VSA Departement van Landbou (USDA), het in Julie die maandelikse verslag oor VSA landboupryse bekend gestel.

Dié verslag bevat onder meer inligting aangaande pryse wat produsente vir kommoditeite kry asook pryse wat produsente betaal vir onder andere kunsmis, brandstof, toerusting en lone. Die prys wat produsente ontvang, is ‘n prys wat verkope van kommoditeite aan die eerste aankoper verteenwoordig, wat insluit alle verskillende grade. Plaaslik staan dit beter bekend as ‘n “boerprys” of “kontantmarkprys”.

Die verdienste (pryse) van VSA produsente
Tabel 1
gee ‘n kort opsomming van wat VSA produsente gemiddeld op ‘n jaar-tot-jaarbasis, in Julie, vir die afgelope drie jaar vir mielies en koring ontvang het.

VSA produsente het sedert Julie 2010 tot Julie 2011, 67% meer vir mielies ontvang. Tans kry VSA produsente gemiddeld R1 724/ton vir mielies. Die hoër internasionale pryse is weens ‘n 15 jaar laagtepunt in VSA voorraadvlakke. Produsentepryse is verder  ondersteun (Grafiek 1) nadat droogtetoestande tydens die kritiese bestuiwingsfase in Julie, skade aan opbrengste veroorsaak het.

In dieselfde tydperk het VSA produsentepryse vir koring met 44% tot R1 790/ton gestyg (Grafiek 2). Koringpryse is grootliks deur hoër mieliepryse en kommer oor ongunstige produksietoestande in lande soos die VSA, Australië en Duitsland, ondersteun.

Tans heers daar kommer oor die verwagte lentekoringaanplantings nadat vroeë droogtetoestande gevolg deur uitermatige reënbuie, aanplantings in die VSA belemmer het. Reën is ook dringend in die HRW-koringproduksiegebiede nodig waar produsente-aanplantings in September moet begin.

Die VSA produsenteprys word in die verslag in $/skepel gegee. Die waarde is teen ‘n gemiddelde wisselkoers vir die onderskeie periodes in R/ton bereken om sodoende ‘n vergelyking met plaaslike produsentepryse te kan maak.

Kliek op https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Sept%2011_SA%20en%20VSA%20pryse.pdf vir die volledige artikel.

Publication: September 2011

Section: Markoorsig

Search