• Login
  • Search Icon

Hoë oleïensuur in grondbone verminder galsterigheid

September 2009

ALANA PRETORIUS, LNR-INSTITUUT VIR GRAANGEWASSE
 
Die raklewe by grondboonprodukte veroorsaak nog altyd kopsere vir vervaardigers van lekkergoed en olieprodukte,  asook vir kleinhandelaars en verbruikers van die produkte.
 
Grondboonolie bestaan uit verskillende vetsure waarvan die eienskappe baie verskil. In Grafiek 1 word ‘n voorstelling gegee van net drie van die tipes vetsure waaruit grondboonolie bestaan.
 
Produkte van gewone lae oleïensuur grondbone raak, volgens navorsing deur die Universiteit van Florida, VSA sowel as die Perishable Products Export Control Board (PPECB) (2007) drie tot nege keer vinniger galsterig as dié van hoë oleïensuur grondbone. Die rede hiervoor lê in die molekulêre struktuur van oleïensuur, wat meer stabiel is as dié van linoleïensuur (sien Figure 1 en 2).
 
Die gemiddelde oksidasiestabiliteitindeks van Akwa is 7,27 ure en dié van SA Juweel, 24,05 (PPECB, 2007). OSI- of Rancimat-toetse gee die ure by 110°C voordat oksidasie plaasvind en galsterigheid intree. Met ander woorde, dit beteken dat daar ‘n prosedure gevolg word waarin grondbone vinnig verouder wat die navorsers dan in staat stel om die verskillende grondbone se raklewe met mekaar te vergelyk.
 

Kliek op http://www.graansa.co.za/documents/Grondbone%20oleiensuur.pdf vir die volledige artikel.

Publication: September 2009

Section: Other Articles

Search