• Login
  • Search Icon

Heidelberg Boerevereniging hou hul afsluitingsdinee

March 2014

TOIT WESSELS, ledebemarker: Kaapprovinsie, Graan SA

Op Donderdagaand, 28 November 2013, het die Heidelberg Boerevereniging en die Hoërskool Heidelberg hul jaarafsluitingsfunksie gehou, waartydens hul die wenners van hul gars- en koringprojekte aangekondig het.

Persone wat ‘n besonderse bydrae tot die landbou in hul gebied gelewer het, is ook met ‘n oorkonde vereer. Mnr Neels Lourens (47 jaar diens as graangradeerder, SSK) en mnr Wempie Jacobs (18 jaar diens as direkteur van SSK) het elkeen ‘n oorkonde ontvang.

Graan SA was verantwoordelik vir die taksering van die koring en gars om die wenners te bepaal. Elke deelnemer het dan ook die 1 ton gars of koring se opbrengs aan Hoërskool Heidelberg geskenk. SSK was betrokke by die logistiek van die gelde.

Die gasspreker van die aand was mnr Andries Theron (visevoorsitter van Graan SA) en sy tema was “Hoe om positief te bly in die landbou”.

image

Publication: March 2014

Section: Other Articles

Author: Tester

Search