• Login
  • Search Icon

Hantering van dispute met graanverhandeling

February 2010

LEON DU PLESSIS, L&L AGRICULTURAL SERVICES
 
Wanneer ‘n mens iets koop of verkoop, bevind jy jou dikwels in ‘n situasie waar daar ‘n dispuut tussen jou en die  teenparty ontstaan – dit gebeur soms deur jou eie toedoen, maar soms deur iets wat die teenparty gedoen het of versuim het om te doen. Die eerste stap wat normaalweg by die ontstaan van so ‘n dispuut gevolg word, is om die teenparty te nader in ‘n poging om een of ander oplossing vir die dispuut te vind.
 
Dikwels is die teenparty egter nie bereidwillig om na ‘n oplossing te soek nie en weier om enigsins van sy of haar kant af te poog om die dispuut op te los. Die probleem wat jou dan in die gesig staar, is hoe om die saak verder te voer sonder om groot koste aan te gaan of ‘n lang uitgerekte regsgeding te begin. Dit is veral belangrik om die saak spoedig en met min koste op te los as daar nie ‘n baie groot geldwaarde aan die dispuut gekoppel is nie.
 
In die graanhandel, soos in enige ander koop- of verkooptransaksie, is dispute ook aan die orde van die dag. Gelukkig is die meeste partye in die graanhandel bekend aan mekaar en kan baie dispute met onderlinge onderhandeling of met ‘n verdere ooreenkoms opgelos word. Daar is egter altyd gevalle waar die omvang of die feite van ‘n dispuut van so ‘n aard is dat dit verdere optrede deur een van die partye verg voordat die dispuut opgelos kan word.
 

Publication: February 2010

Section: Other Articles

Search