• Login
  • Search Icon

HANDIGE SOJABOONBOEK help met bestuursbesluite

February 2013

RUTH SCHULTZ, SA GRAAN/GRAIN MEDEWERKER

image

Die Sojaboonproduksiehandleiding, wat in November verlede jaar in Pretoria bekend gestel is, is ‘n samevoeging van twee vorige LNR-IGG publikasies, naamlik Jou gids tot suksesvolle sojaboonproduksie van 1998 en Sojaboonsiektes en -plae van 1995.

“Die doel van die handleiding is om produsente te voorsien van inligting wat kan help met bestuursbesluite ten opsigte van die beste akkerbou- en gewasbeskermingspraktyke,” het dr Andries Liebenberg, redakteur van dié handleiding, in sy voorwoord geskryf.

Verteenwoordigers vanuit die industrie het ook die bekendstelling bygewoon. “Sojaboon produksie het in die afgelope vyf jaar fenomenale groei getoon. Hierdie gids is ideaal vir wanneer ‘n produsent foute in sy sojaboonproduksie wil opspoor,” het dr Jan Dreyer (lid: Tegnologiekomitee, PNS) gesê.

Dr Marinda Visser (bestuurder: Bedryfsdienste, Graan SA) het die LNR gelukgewens met die belangrike stap wat geneem is. “Mag hierdie hand leiding ‘n basis vorm vir sojabooninligting. Graan SA verwelkom die feit dat die handleiding nog in ander tale vertaal gaan word, omdat dit die basis vir ons ontwikkelende boere kan vorm. Die handleiding kan geïnkorporeer word in dié boere se opleidingsprogramme,” het sy gesê.

Produsente wat belangstel om die handleiding te koop, kan vir die LNR-IGG ‘n e-pos stuur by fieldcrops@arc.agric.za. Die koste per hand leiding beloop R100 (BTW en posgeld uitgesluit).

Publication: February 2013

Section: Other Articles

Search