• Login
  • Search Icon

Groter Amerikaanse oliesaad-oeste druk pryse af

February 2010

– 18 Januarie 2010
 
PROF JOHAN WILLEMSE, SA GRAAN/GRAIN MEDEWERKER
 
Die laat VSA graan- en sojaboonoeste het tot gevolg gehad dat die VSA se Departement van Landbou hul oesskattings van die oeste bly vergroot het, soos lewering voltooi is. Die jongste skattings en voorraadramings in middel Januarie 2010 (wat groter oeste aangetoon het) het die mielie- en sojaboonmarkpryse op Chicago skerp laer gedruk.
 
Intussen het veral Brasilië se oeste heel goed verloop en in Argentinië het hul regering spesiale leningsbystand aan hul produsente gegee om hulle in koringproduksie in stand te hou teen die lae koringpryse (en te keer dat daar ‘n groot wegbeweeg van koring is na onder andere oliesade).
 
Die VSA se oliesaadoeste word geraam op 99 miljoen ton vir die afgelope seisoen en dit is groter sojaboon-, sonneblom- en grondboon oeste wat die oesskatting verhoog het. Dit was veral nuwe rekordsojaboonopbrengste wat die oeste vergroot het. VSA uitvoere was ook sterk weens die heelwat kleiner Suid-Amerikaanse oliesaadoeste van verlede jaar (weens droogteskade).
 
Hierteenoor is die geraamde wêreldproduksie vir 2009/2010 geraam op 431,6 miljoen ton – sowat 3 miljoen meer as die vorige maand se skatting en 27 miljoen ton meer as die vorige jaar!
 
Wêreldsojaboonproduksie is op rekordvlakke van 253 miljoen ton, die grootste nog. Afgesien van die groot VSA sojaboonoes wat tans beskikbaar is, is produksietoestande in Brasilië gunstig en word daar ook ‘n rekordsojaboonoes van 65 miljoen ton verwag.
 
Argentynse produksietoestande het ook verbeter, met ‘n moontlike soja-oes van ongeveer 52 miljoen ton. Die wêreldsonneblomoes is kleiner weens kleiner Argentynse aanplantings vanweë droë toestande met planttyd.

Kliek op   http://www.graansa.co.za/documents/SAGraan%20Feb2010_Oliesade.pdf vir die volledige artikel.

Publication: February 2010

Section: Markoorsig

Search