• Login
  • Search Icon

Grond: Die produsent se belangrikste bate - Deel 6: Katioonuitruilkapasiteit en die diffuse-dubbellaag

February 2010

MARTIENS DU PLESSIS, GRONDKUNDIGE, NWK BEPERK EN PROF CORNIE VAN HUYSSTEEN, DOSENT: GRONDKUNDE, UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT
 
Grond is die mees fundamentele hulpbron vir die produsent waarsonder voedsel en natuurlike vesel nie geproduseer kan word nie.
 
Plantegroei word deur die beskikbaarheid van water en voedingstowwe bepaal. Die voorsiening van water is van die grondfisiese eienskappe afhanklik, terwyl die chemie van die grond die beskikbaarheid van plantvoedingstowwe bepaal. Die chemie van die grond word in hierdie en drie daaropvolgende artikels bespreek.
 
Tipes negatiewe lading
Die verskillende soorte klei en die lading wat daarop voorkom, is reeds voorheen bespreek. Hierdie klei of grondkolloïede het twee tipes negatiewe lading. Die eerste is die permanente lading wat van isomorfe substitusie afkomstig is. Die tweede is die pH-afhanklike lading, wat vorm wanneer H+ en OH–-groepe in sommige 1:1 klei, organiese kolloïde, Fe en Mn hidroksiede en sekere amorfe verbindings dissosieer of protoneer.
 
Die bydrae van die konstante en pH-afhanklike lading van geselekteerde kolloïede word in Tabel 1 aangedui. pH meet die konsentrasie van H+ ione in die grondoplossing. Die word op ‘n skaal van 1 tot 14, met pH 7 as neutraal, aangedui. Hoe laer die pH (< 7), hoe meer H+ ione is in die grondoplossing. Die pH-afhanklike lading vergroot as die pH styg en verklein as die pH daal. Die KUK van grond met ‘n hoë fraksie pH afhanklike lading sal dus verhoog as die grond se pH styg.
 
Kliek op http://www.graansa.co.za/documents/SAGraan%20Febr2010_Grond%20die%20bate.pdf vir die volledige artikel.

Publication: February 2010

Section: Input Overview

Search