• Login
  • Search Icon

GRAANMARK: 'n Terugblik op 2011

December 2011

BARRETT SCHOEMAN, LANDBOU-EKONOOM: MARK OMGEWING, GRAAN SA

Kommoditeitspryse het sedert Januarie 2011 ‘n stygende tendens begin toon. Tradisioneel is die strooptyd van mielies, lentekoring en sojabone in die VSA in aanvang in die tyd, wat oesdruk op pryse plaas.

Kommoditeitspryse het egter in dié tydperk die hoogte ingeskiet weens veral kommer oor 'n 15 jaar laagtepunt in VSA mielievoorraadvlakke. Kommer dat die groeiende vraag na VSA mielies, die produksie kan oorskry indien gunstige produksie-omstandighede nie sou voortduur nie, het pryse ondersteun.

Die ruolieprys het ten spyte van die skuldkrisis in die Europese Unie, weens optimisme dat die wêreldekonomie in veral ontwikkelde lande soos die VSA wel op die weg tot herstel is en dat die moontlikheid van ‘n resessie skraal is, skerp gestyg.

Die ruolieprys het tot ‘n hoogtepuntvlak van 6/vat in April 2011 gestyg. Sedertdien het swakker as verwagte verbruikersbesteding in die VSA en kommer dat die Eurosone lande, soos veral Griekeland en Italië, nie ‘n uitkoms tot die voortslepende skuldkrisis vind nie, druk op ruoliepryse geplaas. Die ruolieprys het gevolglik gedaal en teen 1/vat op 15 November 2011 verhandel (Grafiek 1).

image

Plaaslik is kommoditeitspryse deur ‘n sterk rand onder druk geplaas. Owerhede in lande soos die VSA, Sjina en Europese lande het rentekoer se laag gehou in ‘n poging om ekonomiese groei en verbruikersbesteding te stimuleer.

Buitengewone lae rentekoerse in ontwikkelde lande lei daartoe dat beleggers geld na ontwikkelende lande soos Suid-Afrika en Brasilië skuif. Gevolglik het die rand teenoor die dollar tot Julie 2011 bly versterk. Die dollar is hiernaas as ‘n veilige hawe deur beleggers, weens die geldelike krisis in die Europese Unie, beskou. Die rand het tot R8,22 teenoor die dollar in November 2011 verswak (Grafiek 2).

image

Mielies

Mieliepryse in die VSA was aanvanklik weens groot verwagte oeste en hoë eindvoorraadvlakke onder druk. ‘n Sterk vraag na VSA mielies vir uitvoere en winsgewende etanolproduksie het die vraag na ou seisoen VSA mielies skerp laat styg.

Die nuwe seisoen se hoë mielieprysvlakke is sedertdien volgehou nadat kommer oor 15 jaar lae voorraadvlakke ondersteuning gebied het. Ongunstige produksie-omstandighede het ook tot laer as verwagte mielie-opbrengste gelei en verdere druk op lae voorraadvlakke geplaas.

Die v.a.b.-prys van VSA mielies het tot ‘n hoogtepuntvlak van 6/ton gestyg. Die vinnige vordering met die VSA mieliestroopproses, vrees oor die Europese Unie se skuldprobleme asook sprake van hoër mielieaanplantings in Suid-Amerika, het druk op pryse uitgeoefen sedert Augustus tot November 2011 (Grafiek 3).

image

Plaaslik het die kleiner verwagte oordragvoorrade van die 2011/2012-bemarkingsjaar daartoe gelei dat die Safex-mielieprys nie dieselfde dalings as die VSA mielieprys in September 2011 tot November 2011 getoon het nie. Diepsee uitvoere na nuwe uitvoerbestemmings soos Meksiko, Korea en Taiwan het pryse verder ondersteun.

Die Safex-geelmielieprys het sedert 1 Januarie 2011 tot 15 November 2011 met 68% tot R2 333/ton gestyg. Die Safex-witmielieprys het in dieselfde tydperk weens die premie wat in die internasionale mark betaal word, met 88% tot R2 480/ton gestyg.

Sorghum

Die gemiddelde v.a.b.-sorghumpryse in die VSA het rekord-hoë prysvlakke van 5/ton teenoor 9/ton vir VSA geelmielies bereik. Gedurende die verslagperiode het die VSA sorghumprys die VSA geelmielieprys met ‘n noue korrelasie van 0,85 nagevolg. Sorghumproduksie in die VSA het sedert verlede jaar met 2,5 miljoen ton tot ‘n verwagte 6,2 miljoen ton die seisoen gedaal.

‘n Safex-sorghumprys het op 19 Mei 2010 begin verhandel. ‘n Gemiddelde prys sedert die begin van die jaar van R1 944/ton is tot 15 November 2011 verkry. Sorghumprodusente het hoë pryse die seisoen, weens ‘n daling in plaaslike produksie, behaal.

Verwagtinge is dat daar bykans 44 000 ton sorghum die seisoen ingevoer sal moet word om in die plaaslike vraag, asook uitvoere na Botswana, te kan voldoen. Verskeie produsente het premies vir sorghum van tot R260/ton bo die Safex afgeleide prys, behaal.

Koring

Tesame met ondersteunende mieliepryse het die HRW v.a.b.-koringprys sedert 1 Januarie 2011 tot 10 Februarie 2011 met 15% tot ‘n hoogtepuntvlak van 1/ton gestyg. Alhoewel mieliepryse meer ‘n sywaartse beweging sedert 10 Februarie getoon het, was koringpryse vir die res van die tydperk baie wisselvallig. Die VSA HRW-koringprys het gevolglik tot 8/ton op 15 November 2011 gedaal. Hoër as verwagte VSA en wêreldvoorraadvlakke het druk op pryse geplaas. Goedkoper voerkoring vanuit die Swartsee-lande en veral Rusland het tot laer as verwagte VSA koringuitvoere gelei (Grafiek 3).

Die Suid-Afrikaanse koringprys op Safex het in die tydperk die internasionale koringprys slaafs nagevolg. Produsente het in die 2010/2011-bemarkingsjaar die aanplant van koring met 13% as gevolg van die winsgewendheid van ander gewasse, soos mielies, tot 558 000 hektaar verminder. Die afname in hektare was hoofsaaklik in die droëland produksiegebied van die Vrystaat asook in die Wes-Kaap. Gegewe die laasgenoemde, moes invoere van koring tot rekordhoogtepuntvlakke van 1,6 miljoen ton styg om in die plaaslike verbruik en uitvoere na die BLNS-lande te kan voldoen.

Gars

Die invoerpariteitsprys van Franse voergars het sedert 1 Januarie 2011 tot 15 November 2011 met R442/ton tot R2 956/ton gestyg. Ongunstige produksietoestande vroeër die seisoen in Frankryk en Duitsland het garsproduksie beïnvloed. Rusland het aanplantings van gars, weens hoër koringpryse, met meer as 3 miljoen hektaar verminder.

Plaaslik het garsprodusente vir die eerste keer die geleentheid gehad om self te besluit teen watter pryse hulle hul gars deur die loop van die bemarkingsjaar wil bemark. Die ou beginsel van ‘n vaste prys wat eenmalig bepaal word en dan vir die hele seisoen geldig was, is nou uitgefaseer. ‘n Nuwe meganisme is ontwikkel waarvolgens garspryse van die koringprys afgelei kan word. ‘n Produsent kan sy moutgarsoes nou op soortgelyke prysvlakke as waarop koring op Safex geprys word, prys.

Sonneblom

Die internasionale prys van sonneblomsaad het die hoër internasionale prystendens van plantaardige olies gevolg. Die Europese Unie invoerpariteitsprys van sonneblomsaad het sedert Januarie 2011 tot Februarie 2011 met R755/ton tot ‘n hoogtepuntvlak van R6 551/ton gestyg.

Laer as verwagte opbrengste in Argentinië en kleiner produksie in die VSA asook hoer ruoliepryse het ondersteuning in die tyd gebied. Rekord-verwagte produksie in die Swartsee, in veral lande soos die Oekraïne, het sedert Februarie druk op sonneblompryse begin plaas. Die Europese Unie invoerpariteitsprys het ‘n prysvlak van R5 747/ton op 15 November 2011 bereik (Grafiek 4).

image

‘n Buitengewone klein oes in 2010 het daartoe gelei dat plaaslike sonneblompryse tot en met 3 Februarie 2011 bo uitvoerpariteitsprysvlakke verhandel het. Meer as 62 000 ton sonneblom is ingevoer om in die plaaslike vraag te kon voldoen. Sedertdien het die plaaslike prys die internasionale prys vir die res van die tydperk laer gevolg. Plaaslik het die aanplantings van sonneblom in 2011 met 62% tot 642 700 hektare verhoog. Die groot verwagte eindvooraadvlakke van 129 000 ton het egter druk op plaaslike pryse geplaas.

Sojabone

Sojaboonpryse is tot Februarie 2011, deur ‘n sterk vraag vanuit Sjina en kommer oor vertraagde aanplantings in Suid-Amerika, ondersteun. Die v.a.b. VSA sojaboonprys het tot die hoogste prysvlakke, sedert Junie 2008, tot 5/ton gestyg. Nuwe seisoenpryse in die VSA het op hoë vlakke bly verhandel nadat uitermatige goeie reënval gevolg deur droë en warm produksietoestande, sojaboonopbrengste beskadig het.

Kommer oor die vraag vanuit Sjina, die skuldkrisis in die EU en sprake van groot verwagte Suid-Amerikaanse sojaboonaanplantings het egter druk op pryse vanaf September 2011 begin plaas. Die v.a.b. VSA sojaboonprys het gevolglik tot 4/ton gedaal (Grafiek 1).

Die Safex-sojaboonprys het die internasionale prystendens nagevolg. Sedert Januarie 2011 tot November 2011 het die Safex-prys meestal sywaarts beweeg en teen R3 378/ton in November verhandel. Die plaaslike sojaboonprys het in Februarie 2011 gepaardgaande met positiewe internasionale faktore, tot ‘n hoogtepuntvlak van R4 100/ton gestyg. Sojaboonproduksie het in 2011 met 174 000 ton tot ‘n verwagte 708 750 ton gestyg nadat produsente aanplantings met 34% uitgebrei het. Die afgelope drie jaar se uitbreiding in produksie het daartoe gelei dat grootskaalse uitvoere kon plaasvind.

Grondbone

Grondboonproduksie in groot produserende uitvoerlande, soos die VSA en Argentinië, kon die afgelope paar jaar nie tred hou met die groeiende vraag na grondbone uit veral Sjina nie. Produksie in die VSA het afgeneem vanaf 1,41 miljoen ton in 2010/2011 tot ‘n verwagte 1,17 miljoen ton in 2011/2012 terwyl die vraag in die VSA konstant gegroei het.

Alhoewel Sjina se grondboneproduksie die afgelope vyf jaar toegeneem het, het voorraadvlakke weens die groei in die vraag na grondbone, begin afneem. Die v.a.b. VSA grondboonprys het in die verslagperiode met 84% tot 800/ton gestyg.

Alhoewel die huidige bemarkingsjaar se pryse wat aan plaaslike grondboonprodusente aangebied word, nie die hoër internasionale pryse direk weerspieël nie, is daar verwagtinge dat plaaslike pryse vir die nuwe seisoen aansienlik hoër kan wees. Hoër plaaslike pryse sal veral vir uitvoerbare keurgraad grondbone behaal kan word.

Publication: December 2011

Section: Markoorsig

Search