• Login
  • Search Icon

Kom kuier saam by die 2015 Graan SA/Syngenta Graanprodusent van die Jaar-finaliste

September 2015

ALZENA GOMES, skakelbeampte: Graan SA

Met minder as ses weke om te gaan, heers groot opgewondenheid onder die finaliste en word met afwagting uitgesien na die bekendmaking van die 2015 Graan SA/Syngenta Graanprodusent van die Jaar op 16 Oktober in Midrand.

Alhoewel hierdie reeds die 16de toekenning van sy soort gaan wees, staan die beoordelaars steeds verstom oor die doeltreffende en vooruitstrewende boerderye van elke finalis. Die passie en toewyding waarmee die dagtaak aangepak word, is duidelik ‘n gemene deler by al die finaliste.

Die toekenningsaand is ‘n ware vertoonvenster van uitmuntende graan produksie en dit vier die suksesse van beide die Graanprodusent van die Jaar sowel as die Nuwe Era Kommersiële Boer van die Jaar. Alhoewel daar slegs een wenner kan wees, word hierdie galatoekenningsaand opgedra aan ál die graanprodusente in ons land.

Geniet hierdie fotobeeld van ons 2015-finaliste en hou gerus die November-uitgawe van SA Graan/Grain dop vir ‘n indiepte-kyk na die prag van die gala-toekenningsaand.

Met dank aan ons borge waarsonder hierdie spoggebeurtenis nie moontlik sou gewees het nie:


image

'n Fotobeeld van Genade Boerdery

image

image

image

 

'n Fotobeeld van Henk Michau

image

image

 

'n Fotobeeld van Niel Neethling

image

image

Publication: September 2015

Section: Grain SA

Search