• Login
  • Search Icon

Graan SA spog by minister se begrotingsredefunksie

August 2013

LIANA STROEBEL, GRAANPRODUSENTONT WIKKELING, GRAAN SA

image

Die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, Tina Joemat-Pettersson, het op 29 Mei vanjaar haar begrotingsrede by die parlement in Kaapstad gelewer.

Graan SA het op uitnodiging van die minister die begrotingsrede bygewoon asook die geleentheid gehad om by twee spoggeleenthede voor en ná die toespraak, Graan SA se Graanprodusentontwikkelingsprogram ten toon te stel.

Hierdie platform was vir Graan SA ‘n enorme deurbraak en het die geleentheid geskep om die omvattende ontwikkelingswerk wat Graan SA in die Wes-Kaap asook in die res van die land doen, aan besluitnemers verbonde aan die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye oor te dra.

Die belangstelling in die studiegroepe en opleiding wat Graan SA aan ontwikkelende produsente en plaaswerkers bied, was oorweldigend. Die ondersteuning van Graan SA se inisiatiewe was verfrissend en ons is baie bly om te sê dat goeie verhoudinge gebou is en noemenswaardige netwerke deur hierdie geleentheid gevestig is.

Publication: August 2013

Section: Other Articles

Search