• Login
  • Search Icon

Graan SA netwerk wyd en syd

December 2017


ALZENA GOMES, skakelbeampte, Graan SA

​​​​​​​Die laaste paar maande van 2017 was baie bedrywig vir die Graan SA-span wat wyd en syd boeredae bygewoon – en selfs ‘n plaaslike gholfdag ondersteun het. 

Die Graan SA/Bothaville Gholfdag het lede, produsente en dorpenaars na die Bothaville Gholfklub gelok. As blyk van waardering vir die dorp se betrokkenheid tydens die NAMPO Oesdag, is die hele Bothaville-gemeenskap betrek. 

Graan SA-ledebemarkers was verder doenig by beide die Boertjiefees op Bultfontein en die Mpumalanga skou in Nelspruit. 

Die Graan SA-uitstalling tydens die Boertjiefees is voorafgegaan deur ‘n suksesvolle Safex-kursus wat teen ‘n verlaagde tarief vir 
Graan SA-lede aangebied is.

Die Wes-Kaap het ook ‘n beurt gekry en die Swartland Skou op Moorreesburg was die ideale geleentheid om internasionale toergroepe en ‘n paar ander bekende besoekers in die Graan SA-ledetent te verwelkom. Graan SA het saam met Nedbank en Kaap Agri ‘n ontbytseminaar vir ‘n volgepakte saal aangebied, met sprekers wat onder meer dr Henning Gericke (spansielkundige vir die Springbokke), wat die psige van ‘n kampioen bespreek het, mnr Jannie de Villiers (HUB, Graan SA), wat die omdraaistrategie van koring bespreek het en me Annelize Crosby (Agri SA), wat ‘n oorsig oor grondhervorming en wetgewing gegee het, ingesluit het.

En om die jaar op ‘n hoë noot af te sluit, het Graan SA eksklusiewe ledevoordele vir opbetaalde lede by alle takke van Action Ford beding. Besonderhede oor die spesiale aanbieding kan verkry word deur Action Ford te kontak. Die kontakbesonderhede verskyn in die advertensie op bladsy 11. 
 

Publication: December 2017

Section: Grain SA

Search