• Login
  • Search Icon

Goeie arbeidspraktyke en -verhoudinge in die kollig

April 2014

SA GRAAN/GRAIN REDAKSIE

image‘n Arbeidsadviseur van Noord-Vrystaat Bestuursdienste, mnr Braam Cilliers, het die volgende nege riglyne vir die bestuur van arbeidsverhoudinge en beroepsveiligheid met SA Graan/Grain gedeel.

1. Verseker dat alle wetlike registrasies gedoen is en betaal vereiste gelde gereeld – werkloosheid, vergoedingskommissaris en werknemersbelasting.

2. Stel werknemers (permanent en tydelik) aan met weldeurdagte kontrakte.

3. Voorsien nodige dokumentasie of stelsels aan werknemers ten einde administratiewe verpligtinge en rekordhouding te vergemaklik.

4. Doen opleiding en motiveer werknemers met ‘n behoorlike prestasiebestuurstelsel.

5. Voorsien ‘n veilige en gesonde werksomgewing deur toerusting te beveilig, veiligheidsklere te voorsien en veiligheidsrisiko’s te monitor.

6. Onderhou ‘n stelsel van dissipline deur werkreëls, diensvoorwaardes en ‘n kode in plek te stel en toe te pas.

7. Bedryf ‘n vergoedingstelsel wat billik en motiverend is. Kom veral wetlike vereistes met die betaling van vergoeding na.

8. Tree nie-diskriminerend op en pas billike prosesse toe met indiensneming, bevordering en diensbeëindiging van werknemers.

9. Verkry ondersteuning met wetlike en arbeidsbestuurspraktyke waar nodig. Vermy dit om onnodige kanse te waag.

Publication: April 2014

Section: Other Articles

Search