• Login
  • Search Icon

Gehalte behandelde saad – ‘n goeie wegspringplek vir planttyd

March 2011

DR IDA PAUL, LNR-KLEINGRAANINSTITUUT

Goeie gehalte saad lewer beter opbrengste en ‘n verskeidenheid van faktore beïnvloed saadkwaliteit. Onder andere saadsuiwerheid, die fisiese kwaliteit van die saad, byvoorbeeld vet korrels en kiemkragtigheid, maar ook die gesondheid van die saad. Verskeie siektes van kleingrane word ook deur saad gedra.

Die organismes wat saadgedraagde siektes in kleingrane veroorsaak, is hoofsaaklik swamme, alhoewel bakteriese siektes ook deur saad gedra kan word. Die voortplanting en verspreiding van die swamsiektes is besonder suksesvol omdat die swam in die nabyheid van, of binne-in die saad oorleef.

 Dit verhoog die kanse dat kleingraangashere besmet sal word (of reeds sal wees) sodra jong plantjies ontkiem. Die oordrag van saadgedraagde siektes na ‘n onbesmette area vind maklik op dié manier plaas. Die siektes word ook geredelik oor lang afstande versprei, omdat dit saam met saad rondbeweeg word.

Elke seisoen word daar saadgedraagde siektes in die Wes-Kaap opgemerk, waarvan losbrand van koring en bedekte brand van gars die algemeenste voorkom. Hier volg ‘n beskrywing van hierdie twee siektes en Tabel 1 dui wat die aktiewe bestanddele van swamdoders, geregistreer vir saadgedraagde siektes van kleingrane, aan, asook aanbevelings vir die twee siektes op ander gewasse as koring en gars.

Kliek ophttps://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Maart%202011_Behandelde%20saad.pdf   vir die volledige artikel.

Publication: March 2011

Section: Input Overview

Search