• Login
  • Search Icon

Gaan plaaslike mieliemeel- en broodpryse nog styg?

June 2011

BARRETT SCHOEMAN, LANDBOU-EKONOOM: MARKOMGEWING, GRAAN SA

Voedselpryse het die afgelope tyd wereldwyd die hoogte ingeskiet. Suid-Afrika was in ‘n mate beskerm deur ‘n sterk rand en genoegsame graanvoorrade. Pryse van plaaslike mielie- en koringprodukte het nie tot dieselfde mate as hoer internasionale voedselpryse gestyg nie. Die hoe vlakke van 2008 is nog nie bereik nie, maar plaaslike pryse gaan moontlik nou hierdie pad begin volg.

Hoewel totale voedselinflasie in Suid-Afrika relatief laag is as gevolg van onder andere ‘n groot mieliesurplus, word daar verwag dat voedselinflasie later vanjaar momentum kan kry. Enige ongunstige weersomstandighede wat plaaslike oeste negatief kan beinvloed en tot groter invoere van basiese grondstowwe kan lei, sal noodwendig tot hoër voedselinflasie aanleiding gee. Ruoliepryse wat die afgelope ses maande met 45% tot ‘n hoogtepunt van 4/vat gestyg het, kan inflasie ook hoër dryf.

Verder behoort die wêreldwye sprong in voedselpryse ‘n impak op plaaslike pryse te hê. Wereldvoedselpryse is tans 37% hoër as ‘n jaar gelede en wereldvoedselinflasie wissel tussen 30% en 35%. Die verhoging in pryse word egter steeds deur vraag en aanbod gedryf. Wêreldvoorraadvlakke van onder andere mielies is histories laag en die vraag is, as gevolg van toenemende bevolkingsgetalle, aan die toeneem.

Die eetpatroon van verskeie ontwikkelende lande soos Sjina, Indie, Brasilie en Rusland begin ook verander namate die verbruiker “ryker” word. Dit het tot gevolg dat meer waardetoegevoegde produkte soos byvoorbeeld vleis verbruik word, wat daartoe lei dat bekostigbare voedsel nie vir die laer inkomstegroepe beskikbaar is nie. Sommige kenners meen ook dat landbousubsidies in ontwikkelde lande en die manipulering van olievoorraadvlakke deur OPEC-lidlande, arm lande verhoed om ’n bydrae tot die produksiekapasiteit van voedsel in die wereld te maak. Die Wereldbank het bevind dat 44 miljoen mense in ontwikkelende lande hongersnood, weens die huidige hoe voedselpryse, in die gesig staar.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SA%20Graan%20Junie%2011_Plaaslike%20pryse.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: June 2011

Section: Markoorsig

Search