• Login
  • Search Icon

Gaan oliesaadpryse verder galop?

February 2011

– 16 Januarie 2011

PROF JOHAN WILLEMSE, SA GRAAN/GRAIN MEDEWERKER

Die oesskattings van die VSA Departement van Landbou, wat op 12 Januarie 2011 vrygestel is, het saamgeval met ander berigte van erkende internasionale landbou markontleders dat graan- en oliesaadvoorraadvlakke besonder laag gedaal het en dat daar reeds internasionale voedselinflasie van by die 31% (in VSA dollar terme) geheers het teen einde 2010.

Daar word ook berig dat die skerp prysstygings nie net armer en voedselinvoerlande se bevolkings affekteer nie, maar dat daar na raming in die VSA nou sowat 44 miljoen mense staatsvoedselhulp kry – teen sowat 14 miljoen twee jaar gelede.

In Suid-Afrika was die voedselinflasiekoers teen einde 2010 onder die 2% per jaar,  hoofsaaklik weens die versterking van die rand teen die VSA dollar, wat die prystransmissie na die binnelandse mark geneutraliseer het. Die statistiek in Tabel 1 gee ‘n baie goeie  aanduiding daarvan.

Die feit is dat in die VSA geraam word dat sojaboonoordragvoorraad in verhouding tot verbruik na die laagste vlak sedert 1965/1966 gaan daal en dié van mielies ook na die laagste in dekades. Dollarpryse is skerp hoër op meeste basiese graan- en  oliesaadkommoditeite – wat gaan deurvloei na duurder voere en dus duurder intensiewe diereprodukpryse. Die feit dat aardoliepryse ook by die 0/vat is, hou die biodieselbedryf ook aan die gang.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Feb%2011_Oliesade-oorsig.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: February 2011

Section: Markoorsig

Search