• Login
  • Search Icon

Fokus op saad — een van die produsent se belangrikste insette

March 2010

SA GRAAN/GRAIN REDAKSIE
 
Die gesegde lui: ‘n Goeie begin, is half gewin. As dit by insette kom, kan ‘n produsent nie anders as om net die beste saad te plant nie. Die ontwikkeling op saad-gebied is dus ‘n belangrike aspek vir produsente om na te kyk wanneer ‘n kultivarpakket saamge stel word en juis daarom fokus SA Graan/Grain dié maand op saad.
 
Produsente het die afgelope plantseisoen dit onder Graan SA se aandag gebring dat dit wil voorkom of saad van veral nuwe mieliekultivars kleiner raak. Volgens die produsente is die kiem- en groeikragtigheid van die saad minder en plant die kleiner pitte glo ook moeiliker. SA Graan/Grain het met van die grootste saadmaatskappye gesels en gaan uitvind wat hul mening hieroor is. Lees meer hieroor op bladsy 74.
 
Landboubedrywighede skep normaalweg ideale toestande vir knaagdiere. Die nagmuis is geen uitsondering nie. Op bladsy 54 vertel Annelene Swanepoel van die Wes-Kaapse Departement van Landbou hoe om van hierdie plaag in bewaringsbewerkinglande ontslae te raak.
 
Koringsaadkoste beslaan op ‘n gemiddelde basis ongeveer 9% van ‘n koringprodusent se lopende produksiekoste. Kostegewys dra saad nie so baie soos kunsmis en brandstof by tot die kosterekening nie, maar as produksie-inset is saad seker die belangrikste inset wat ‘n goeie koringoes kan verseker. Op bladsy 62 kyk Corné Louw hoe die koringsaadpryse vir die 2010-seisoen lyk.
 

Publication: March 2010

Section: Input Overview

Search