• Login
  • Search Icon

Die werking van die grondboonmark

July 2011

BARRETT SCHOEMAN, LANDBOU-EKONOOM: MARK OMGEWING, GRAAN SA

Die grondboonmark in Suid-Afrika is ‘n redelike klein mark waar grondbone asonverwerkte rou grondbone of in verskeie toege voegdewaarde produkte soos grondboontjiebotter, olie en lekkergoed gebruik kan word. Die grootste gedeelte van die grondbone word in die direkte eetmark (49%) en as grondboontjiebotter (28%) gebruik.

Grondbone word hoofsaaklik in die Vrystaat, Noordwes Provinsie, Noord-Kaap, Limpopo en KwaZulu-Natal geproduseer. Die Vrystaat en Noordwes Provinsie het in die 2011/2012-bemarkingsjaar onderskeidelik 36% en 32% van die verwagte  grondboonoes opgelewer.

Grondboonprodusente verwag dat die huidige bemarkingsjaar se oes aansienlik kleiner as die 85 525 ton wat voorspel word, kan wees. Oormatige reenval het die opbrengste van grondbone verlaag en die stroopproses vertraag. Kwaliteitsprobleme in grondbone word ook vir die huidige seisoen voorsien.

Die produksie van grondbone word grootliks bepaal deur die verwagte grondboonpryse, die koste van insette en die voordele wat deur ‘n wisselboustelsel met grondbone gebied word. Produksie het die afgelope drie jaar genoegsaam toegeneem om in die plaaslike vraag te kan voorsien en invoere te kan vervang (Tabel 1). ‘n Klein hoeveelheid grondbone is egter nog gedurende die tydperk vanaf Sjina, Malawi, Maleisie en Indie af ingevoer.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Julie%2011_Werking%20v%20grondboonmark.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: July 2011

Section: Wenartikels

Search