• Login
  • Search Icon

DIE TIEN GEBOOIE van verantwoordelike plaagdodergebruik

September 2011

DR GERHARD H VERDOORN, GRIFFON GIFINLIGTINGSENTRUM EN VERENIGING VAN DIEREGESONDHEIDS- EN PLANTBESKERMINGSVERENIGINGS VAN SUID-AFRIKA (AVCASA)

Hier kom alweer ‘n preek...Dit is nie regtig so erg as wat produsente dink nie, want die boodskap in die artikel is eintlik voor die hand liggend: Ons as landbouers moet landboumiddels of plaagdoders verantwoordelik gebruik sodat ons genoegsame, veilige en bekostigbare kos en vesel vir die land kan produseer sonder om die gesondheid van mense en die omgewing aan te tas.

Daar is ‘n hele trop anti-plaagdoderbrakkies wat kef-kef oor die produsente en hoe hulle alles vergiftig, maar hulle kan selde of ooit die bewyse vir hulle aantygings op die tafel plaas. Hier is bietjie hooi om aan te kou en ja, sommige daarvan sal maklik verteer soos goeie lusern, terwyl ander weer baie kouwerk, soos met droë tef, sal vereis. Ek noem hulle die tien gebooie van verantwoordelike plaagdodergebruik:

Gebod nommer 1
Beplan jou produksieseisoen noukeurig en koop slegs daardie plaagdoders en daardie volumes aan wat jy sonder twyfel gaan benodig. As die agent dalk ietsie aanbied teen ‘n goedkoop prys en jy koop sulke onnodige produkte, gaan dit opgaar soos Oupa se ou Cooperdip en dan raak dit ‘n morsige affêre om van die ou plaagdoders ontslae te raak.

Kliek op https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Sept%202011_Die%20tien%20gebooie.pdf
vir die volledige artikel

Publication: September 2011

Section: Wenartikels

Search