• Login
  • Search Icon

Die rand pla Suid-Afrikaanse kunsmispryse

July 2014

CORNÉ LOUW, senior ekonoom, Bedryfsdienste, Graan SA

Suid-Afrika moet tussen 65% en 75% van sy behoeftes aan kunsmis invoer. Behalwe vir ammoniak en rotsfosfaat, moet Suid-Afrika alle ander grondstowwe benodig vir kunsmis, invoer. Alle ureum- en kaliumchloriedbehoeftes moet ook ingevoer word.

Met kunsmis as produksie-inset wat om en by 35% van ‘n graan- en oliesade produsent se lopende produksiekosterekening beslaan, is dit baie belangrik dat die pryse wat plaaslike produsente vir kunsmis moet opdok, met dié van die internasionale kompetisie moet meeding.

Om hierdie rede doen Graan SA deurlopend monitering en interpretering van internasionale en plaaslike kunsmispryse. Sodoende kan enige moontlike verwringing in pryse opgemerk en ondersoek word.

Plaaslike teenoor internasionale kunsmispryse

Met so ‘n groot hoeveelheid van die land se kunsmisbehoeftes wat ingevoer word, is die verwagting dat plaaslike kunsmispryse internasionale kunsmispryse noukeurig sal navolg.

Oor ‘n jaartydperk is gesien dat internasionale pryse van ammoniak, ureum en kaliumchloried onderskeidelik met 14%, 13% en 28,1% gedaal het. Oor dieselfde tydperk het die prys van DAP met 1,7% gestyg (Tabel 1).

image

Oor ‘n twaalfmaande-tydperk het die waarde van die rand met 11,4% verswak teenoor die dollar, wat meegebring het dat die internasionale pryse in randterme tot ‘n mindere mate gedaal het en in die geval van DAP, tot ‘n groter mate gestyg het as die pryse in dollarwaarde. Tabel 2 toon aan hoe internasionale kunsmispryse in randwaarde oor ‘n jaartydperk beweeg het.

image

Tabel 3 toon aan hoe plaaslike prysveranderinge met dié van internasionale pryse vergelyk. Plaaslike prystendense vergelyk baie goed met dit wat in randterme met internasionale markte gebeur het. In die plaaslike mark het die MAP-prys internasionaal tot ‘n mindere mate as DAP gestyg, terwyl die plaaslike kaliumchloriedprys weer minder as die internasionale kaliumchloriedprys gedaal het.

image

Impak van die verswakking in die rand

In Grafiek 1 word die internasionale prys van DAP in dollar- en in randterme aangetoon as ‘n voorbeeld van wat die impak van die verswakking van die rand op plaaslike kunsmispryse is.

image

Bykans alle kunsmisgrondstowwe het op internasionale markte oor ‘n periode van 24 maande skerp afgeneem, maar as gevolg van die rand wat 28% verswak het, is hierdie dalings nie in plaalike markte deur gegee nie.

Publication: July 2014

Section: Focus on

Search