• Login
  • Search Icon

Die moets en moenies van kuilvoer

November 2009

PIETER RADEMEYER, PRODUKBESTUURDER, PANNAR SAAD
 
Die kuilvoerproses behels dat plantmateriaal gekerf en gekompakteer moet word. Tydens hierdie proses word lug (suurstof) uit die materiaal gepers sodat giste en swamme nie sal kan groei nie.
 
Verder is dit belangrik om water en suurstof uit te hou, daarom moet die bunker goed geseël word. Die melksuur wat gevorm word tydens die proses van inkuiling, verlaag die pH en dit is baie belangrik vir die behoud van die voer. Plante bevat suikers (koolhidrate) wat deur melksuurbakterieë gebruik word om melksuur te produseer. Melksuur laat die pH tot in die omgewing van vier daal en die mikro-organismiese lewe kom dan tot ‘n stilstand.
 
Sulke kuilvoer kan dan lank stabiel bly, solank as daar nie suurstof of water die bunker binnedring nie. Indien plante op ‘n verkeerde stadium (veral te laat) ingekuil word, beskik dit nie oor voldoende natuurlike suikers nie.
 
In só ‘n geval, kan dit gebeur dat die pH nie laag genoeg daal nie of hierdie toestand lank genoeg handhaaf nie en agteruitgang van die kuilvoer vind dan plaas weens bottersuur wat gevorm word. Swak diereprestasie is dan jou voorland.
 
Bottersuur is eintlik niks anders as ‘n sort vrot toestand van jou kuilvoer nie. As kuilvoer galsterig ruik, bevat dit bottersuur. Die reuk van bottersuur was ook nie maklik van jou hande af nie.
 
Kliek op http://www.graansa.co.za/documents/2-SAGraan%20Nov%2009_Kuilvoer.pdf vir die volledige artikel.

Publication: November 2009

Section: Wenartikels

Search