• Login
  • Search Icon

Die koringtariefmeganisme in perspektief

December 2011

NICO HAWKINS, BESTUURDER: BEDRYFSBEDIENING, GRAAN SA

Graan SA poog reeds sedert landboubemarking in Suid-Afrika in 1997 gedereguleer is, om die owerhede te oortuig om deur middel van die instrumente wat binne die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) se reëls beskikbaar is, die kwynende plaaslike koringproduksie ‘n hupstoot te gee.

Een van die instrumente wat beskikbaar is en deur die meeste lidlande van die WHO gebruik word om plaaslike produksie te beskerm, is ‘n effektiewe invoertarief op die spesifieke kommoditeit.

Suid-Afrika se koringaanplantings (Grafiek 1) het sedert 1997 van 1,382 miljoen ha tot 605 000 ha (55,3%) afgeneem. As gevolg hiervan het die totale produksie oor dieselfde tydperk met 26,4% vanaf 2,5 miljoen ton tot 1,841 miljoen ton afgeneem. Was dit nie vir positiewe groei in die opbrengs per hektaar vanaf 1,81 ton/ha tot ‘n verwagte 3,05 ton/ha vir die huidige seisoen nie, sou die produksieprentjie nog bleker gelyk het.

image

As gevolg van hierdie drastiese afskaling in koringproduksie, het die jaarlikse invoere van koring, om aan die binnelandse behoefte te voldoen, vanaf 469 000 ton tot ‘n beraamde 1,4 miljoen ton in die hui dige seisoen gestyg. Teen ‘n prys van R3 000 per ton, as die koste van invoere aanvaar word, gaan dit die land R4,2 miljard aan buitelandse valuta kos om genoeg koring vir plaaslike verbruik daar te stel.

Indien dit vir Suid-Afrika belangrik is om weens verskeie redes, soos werkskepping, ontwikkeling van die platteland, besparing aan buitelandse valuta en selfs voedselsekerheid, koringproduksie te stimuleer, is ‘n tariefmeganisme wat ‘n positiewe effek op produsente se produksiebesluite sal hê, noodsaaklik.

Die koringtariefmeganisme, soos dit in Suid-Afrika toegepas word, is relatief ingewikkeld en die tarief word deur ‘n sogenaamde tariefformule bepaal.

Die belangrikste element in die formule is ‘n verwysingsprys wat deur die International Trade Administration Commission (ITAC) vasgestel word en in dollarterme as beskermingsvlak afgekondig word.

Indien die heersende prys van VSA HRW#2-koring tot onder hierdie verwysingsprys daal, word die verskil as ‘n invoertarief vir ‘n bepaalde tyd afgekondig. Indien die HRW#2-prys weer tot bokant hierdie vlak sou styg, verval die tarief. Dit is dus duidelik dat hierdie verwysingsprys die spil is waarom die hele meganisme draai en dat die faktore wat dit bepaal, uiters belangrik is.

Hierdie faktore is tans die volgende:

  • Die vyf jaar gemiddelde prys van HRW#2-koring.
  • Die geweegde gemiddelde subsidies soos bepaal deur die produsente subsidie ekwivalente (PSE) in die lande vanwaar Suid- Afrika koring invoer.
  • Die vervoerkoste vanaf die internasionale bronne vir koringinvoere wat as ‘n voordeel vir plaaslike produsente gereken word.

Tans is die verwysingsprys soos volg vasgestel:

Vyf jaar gemiddelde VSA

HRW#2-koringprys 6
Plus subsidiefaktor (10,27%)
  0
Min vervoerkoste $ 45
Verwysingsprys 5

Omdat die huidige VSA HRW#2-prys egter heelwat hoër as 5 is, is die koringtarief tans nul.

Graan SA het tydens die laaste aansoek vir ‘n wysiging aan die tariefformule, die vyf jaar gemiddelde prys van VSA HRW#2-koring en die subsidiefaktor as bepalende faktore aanbeveel en dit is ook so deur ITAC aanvaar, maar die verwysingsprysvlak is egter verlaag met die aftrek van die vervoerkostevoordeel – wat Suid-Afrikaanse produsente outomaties sou beskerm en wat ‘n faktor is wat ITAC nuut in die formule ingebring het.

Wat egter die grootste tekortkoming in die huidige tariefmeganisme is, is dat die formule nie van tyd tot tyd outomaties met die verandering in die veranderlikes opgedateer word nie. Die vyf jaar gemiddelde prys het sedert die afkondiging van die nuwe formule, op 30 April 2010, vanaf 6 tot 9 gestyg, die subsidiefaktor het vanaf tot gestyg, terwyl die vervoerkoste-komponent vanaf tot gedaal het.

Op 26 September 2011 was die verwysingsprys, gebaseer op die nuwe prysvlakke en soos deur die formule bereken, 8 – wat ‘n noem enswaardige hoër beskermingsvlak aan plaaslike produsente sal bied, maar wat volgens ITAC nie outomaties aangepas kan word nie.

Graan SA is daarom, gegewe die siening dat die tariefformule nie outomaties aanpas nie en dat daar van voor af aansoek gedoen moet word vir ‘n tariefaanpassing, besig om so ‘n aansoek voor te berei.

Publication: December 2011

Section: Input Overview

Search