• Login
  • Search Icon

Die graanmark in perspektief

October 2010

– 20 Julie 2010 tot 20 September 2010

BARRETT SCHOEMAN, LANDBOU-EKONOOM: MARKOMGEWING, GRAAN SA

Die stroopproses van mielies en sojabone in die VSA is in aanvang. Tradisioneel word dié tydperk gekenmerk deur laer kommoditeitspryse soos gesien kan word in die seisoenale prysindeks. Seisoenale prysindekse kan met groot vrug benut word om besluitneming, oor wanneer graan en oliesade verkoop of opgeberg moet word, te vergemaklik. Die suksesvolle uitkoms van bemarkingsbesluite word tot ‘n groot mate deur die seisoenale aard van kommoditeitspryse beïnvloed.

Aandelemarkte
Die DJIA-indeks het sedert 20 Julie tot 20 September vanaf 10 229 indekspunte tot 10 753 indekspunte gestyg. Gerusstelling deur banke in die VSA, dat ‘n tweede resessie onwaarskynlik is en dat die nodige voorsorgmaatreëls getref is, het markte in die tydperk ondersteun (Grafiek 1).

Die JSE Algehele Indeks het sedert 20 Julie tot 20 September die hoër internasionale aandelemarkte gevolg en met 1 361 indekspunte tot 28 710 indekspunte gestyg. ‘n Afname in die VSA werkloosheidseise, hoër Asiatiese aandelemarkte en ‘n swakker VSA dollar, het die JSE ondersteun (Grafiek 3).

Wisselkoerse
Die VSA dollar het sedert 20 Julie tot 30 Augustus vanaf ,29, as gevolg van sprake dat Japan se regering gaan inmeng om die yen te laat verswak, tot ,26 teenoor die euro versterk. Die dollar is onder druk nadat beleggers hul fokus verskuif het na meer riskante markte. Die VSA dollar het sedertdien tot ,31 teenoor die euro op 20 September verswak (Grafiek 1).

Ten spyte van ‘n 50-basispunt rentekoersverlaging deur die SARB het die rand vanaf R7,56 op 20 Julie tot R7,12 op 20 September teenoor die VSA dollar versterk. Rentekoerse wat gunstig is vir buitelandse beleggers en optimisme dat die Suid-Afrikaanse ekonomie vinnig herstel, het die rand ondersteun (Grafiek 3).

Ruoliepryse
Die ruolieprys het sedert 20 Julie weens laer as verwagte wêreld ekonomiese groei, vanaf /vat tot /vat, op 24 Augustus gedaal. Ongunstige weerstoestande in die Golf van Meksiko en ‘n kritiese olielek in die Kanadese pyplyn het ruoliepryse tot /vat op 20 September laat styg (Grafiek 2).

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Okt%2010_Graanmark.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: October 2010

Section: Markoorsig

Search