• Login
  • Search Icon

Die graanmark in perspektief

August 2010

-21 Mei 2010 tot 22 Julie 2010

BARRETT SCHOEMAN, LANDBOU-EKONOOM: MARKOMGEWING, GRAAN SA

Die VSA se departement van Landbou (USDA) se maandelikse vraag-aanbod-projeksie (WASDE-verslag) op 9 Julie het prysvlakke van kommoditeite ondersteun. Laer as verwagte koringproduksie in Kanada en die EU, weens ongunstige weersomstandighede, het die wêreldproduksie van koring met 7,5 miljoen ton laat daal. Hoër verbruik van mielies vir voerdoeleindes het die VSA se verwagte eindvoorrade laat afneem en pryse gevolglik ondersteun.

Aandelemarkte
Die DJIA-indeks het sedert 21 Mei tot 5 Julie, weens groeiende skuldprobleme in die internasionale markte en kommer oor die herstel van die Europese Unie, van 10 193 indekspunte gedaal tot 9 686 indekspunte (die laagste in agt maande). Sedertdien het positiewe nuus van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) wat daarop dui dat die VSA se ekonomie aan die herstel is, die DJIA-indeks ondersteun en het die indeks op 10 322 indekspunte verhandel op 22 Julie (Grafiek 1).

Die JSE algehele indeks het weens ondersteuning van die Wêreldbeker Sokkertoernooi nie die daling getoon wat internasionale markte getoon het nie. Die indeks het sedert 21 Mei tot 22 Julie met 2 016 indekspunte gestyg tot 28 274 indekspunte (Grafiek 3).

Wisselkoerse
Die VSA dollar het sedert 21 Mei tot 8 Junie van ,25, weens die voortdurende skuldprobleme in die Europese Unie, versterk tot ,19 teenoor die euro. Die dollar is onder druk geplaas nadat beleggers hul fokus verskuif het van die Europese skuldkrisis, na die VSA ekonomie wat sukkel om te herstel. Die VSA dollar het tot ,29 op 22 Julie teenoor die euro verswak (Grafiek 1).

Die rand het teen einde Julie versterk nadat die monetêre beleidskomitee van die Reserwebank rentekoerse onveranderd gelaat het. Markdeelnemers is van mening dat die rand geoorwaardeer is en dat rentekoerse moet verlaag. Die rand het sedert 21 Mei tot 22 Julie van R7,80 tot R7,44 teenoor die VSA dollar versterk (Grafiek 3).

Ruoliepryse
Die ruolieprys het sedert 21 Mei weens laer as verwagte ruolievoorrade in die VSA van
/vat tot /vat gestyg op 18 Junie. Voortdurende kommer oor die Europese lande se skuldprobleme het tot laer ruolieverbruik in die VSA, Sjina en die EU gelei. Die ruolieprys het op 6 Julie tot /vat gedaal. Optimisme dat die wêreld se ekonomie aan die herstel is, het die ruolieprys ondersteun en ruoliepryse het tot /vat op 22 Julie gestyg (Grafiek 2).

Somergrane
Die vry-aan-boord (v.a.b.)-geelmielieprys in die VSA Golfhawens het sedert 21 Mei weens ideale weersomstandighede in die Amerikaanse mieliegordel wat tot rekord verwagte opbrengste kan lei, met /ton tot 1/ton op 30 Junie gedaal. Ongekende warm toestande gedurende die kritiese bestuiwingsfase wat opbrengsverliese tot gevolg kan hê, het pryse ondersteun. Die vab-geelmielieprys het op 22 Julie tot 9/ton gestyg. Laer as verwagte aanplantings en koue nat weersomstandighede wat die aanplantingsproses vertraag het, het pryse verder ondersteun (Grafiek 4).

Die aanduidende uitvoerpariteitsprys van VSA geelmielies het weens gunstiger produksietoestande in Sjina (wat tot laer VSA uitvoere kan lei) met R137/ton tot R800/ton op 30 Junie gedaal. Pryse het egter sedertdien weens hoër voerverbruiksyfers in die WASDE-verslag en kommer oor hittetoestande in die VSA, met R91/ton tot R891/ton op 22 Julie gestyg.

Die plaaslike Safex-geelmielieprys het die pryse van VSA geelmielies gevolg en sedert 21 Mei tot 28 Junie van R1 187/ton tot R1 075/ton gedaal. Hoër internasionale mielieen koringpryse het sedertdien ondersteuning gebied en die Safex-prys het op 22 Julie met R114/ton tot R1 189/ton gestyg (Grafiek 7).

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Aug%2010_Graanmark.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: August 2010

Section: Markoorsig

Search