• Login
  • Search Icon

Die graanmark in perspektief – 19 Maart 2010 - 26 Mei 2010

June 2010

BARRETT SCHOEMAN, LANDBOU-EKONOOM: MARKOMGEWING, GRAAN SA

Plaaslike en internasionale markte is die afgelope ruk deur skuldprobleme in die Europese Unie onder druk geplaas. Kommer dat lande soos Griekeland nie in staat is om reddingspakkette terug te betaal nie, en moontlik die herstel van die ekonomie kan vertraag, het beleggers veral in kommoditeite soos ruolie, laat twyfel. Vervoerstakings in Suid-Afrika het ook ‘n groot uitwerking gehad op die sekondêre bedryf en rolspelers moes teen ekstra kostes oorskakel vanaf spoor- na padvervoer.

Aandelemarkte
Die DJIA-indeks het sedert 19 Maart tot 26 Mei, weens pessimisme oor die herstel van die wêreldekonomie, met 811 indekspunte tot 9 974 indekspunte (die laagste sedert November 2009) gedaal. Kommer oor die Europese Unie se skuldprobleme en die terugbetaalvermoë van Griekeland het druk op internasionale markte geplaas (Grafiek 1).

Die JSE Algehele Indeks het internasionale markte gevolg en sedert 19 Maart tot 26 Mei met 5,2% tot 27 047 indekspunte gedaal. Die JSE het egter weens die Wêreldbeker Sokkertoernooi en belangstelling in konstruksie- en vervaardigingsaandele, nie tot dieselfde mate die daling van internasionale markte getoon nie (Grafiek 3).

Wisselkoerse
Die VSA dollar het sedert 19 Maart tot 26 Mei vanaf ,35 tot ,23 teenoor die euro versterk (die sterkste sedert April 2006) as gevolg van die skuldprobleme in die EU. Beleggers vrees dat die maatreëls wat teen die EU ingestel is om spandering te beperk, in ruil vir die reddingspakket van 0 miljard, ekonomiese groei kan strem. Beleggers verkies die veilige hawe van die VSA $ bo riskante aandele soos die euro (Grafiek 1).

Die het daartoe gelei dat die rand sedert 19 Maart tot 26 Mei vanaf R7,34 tot R7,72 teenoor die VSA dollar verswak het. Betogings deur werkers van Transnet en Eskom het verdere druk op die plaaslike wisselkoers geplaas (Grafiek 3).

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Jun10_Graanmark.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: June 2010

Section: Markoorsig

Search