• Login
  • Search Icon

Die graanmark in perspektief

April 2010

– 15 Januarie 2010 tot 24 Maart 2010

WESSEL LEMMER, SENIOR EKONOOM: MARKNAVORSING, GRAAN SA EN BARRETT SCHOEMAN, LANDBOU-EKONOOM: MARKOMGEWING, GRAAN SA

Die graan- en oliesaadmarkte was vir die afgelope twee maande sedert 15 Januarie tot 25 Maart 2010 oorwegend deur sogenaamde eksterne markfaktore oorheers. Die belangrike invloed wat hierdie faktore op die graan- en oliesaadmarkte het, word verder uitgelig.

Tipiese eksterne markfaktore
Tipiese buitemarkfaktore sluit in faktore wat onder meer die sterkte van die VSA dollar en die Suid-Afrikaanse rand bepaal. Internasionale en plaaslike rentekoerse het byvoorbeeld ‘n direkte impak op die Suid-Afrikaanse rand omdat rentekoersvlakke die kapitaalinvloei en -uitvloei in ons oop ekonomie beïnvloed. Indien beleggers se risiko-aptyt toeneem, beteken dit dat beleggers in ontwikkelde ekonomieë meer gemaklik daarmee is om groter beleggings in ontwikkelende lande soos Suid-Afrika te maak. Die groter vraag na die rand laat die geldeenheid gevolglik verstewig terwyl kommoditeitspryse soos mielies daal.

Die invloed van buitemarkfaktore
Buitemarkfaktore het in die eerste kwartaal vanjaar ‘n groter rol gespeel en internasionale en plaaslike graan- en oliesaadpryse beïnvloed. Die grootste rede hiervoor is dat voorraadvlakke van die drie toonaangewende kommoditeite naamlik sojabone, mielies en koring, wêreldwyd buitengewoon hoog is. Vanaf die derde week in Februarie het die Dow Jones Industriële Gemiddelde Indeks met 4% verstewig terwyl die ru-olieprys met 2% toegeneem het. Die stygende tendens in ru-oliepryse het ondersteuning aan die VSA se mielie- en sojaboonprysvlakke gebied. Ongelukkig het die ekonomiese krisis in Europa daartoe gelei dat die VSA dollar teenoor die euro begin verstewig het. Die rand was by tye gedurende die tydperk een van drie geldeenhede wêreldwyd wat uitstekend en selfs beter as die Britse pond gepresteer het.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20April10_Graanmark.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: April 2010

Section: Markoorsig

Search