• Login
  • Search Icon

Daar's geld in grondbone!

February 2012

GEORGE CILLIERS, OPERASIONELE BESTUURDER, VALTRAC

Daar is geld in grondbone; nie net in die pitte nie, maar ook in die hooi, wat voedsame en bemarkbare voer is. Boonop is grondbone ‘n waardevolle wisselbougewas.

Maar volgens ‘n verslag oor grondboonverbouingspraktyke wat dr Jan Dreyer, voorheen van die LNR-Instituut vir Graangewasse op Potchef stroom en mnr Martiens du Plessis van NWK op Lichtenburg vir die Grondboneforum van Suid-Afrika opgestel het, is arbeid by die uithaalslag van grondbone ‘n groot pro bleem, wat dié soort boerdery onlonend kan maak.

Valtrac, die maatskappy wat tegnologieoplossings aan Suid-Afrika se produsente verskaf, het die oplossing wat grondboonboerdery winsgewend maak: die voortreflike Colombo C200 grondbone-uithaler, skudder, om draaier en windrypakker – ‘n alles-in-een bekostigbare, betroubare masjien wat die werk van ‘n skare arbeiders doen.

Die Colombo C200 haal twee rye op ‘n slag uit (werkswydte 1 620 mm - 1 720 mm). Die masjien sny die grondboonplante se wortels netjies, net onder die peule af en plaas dit op die skudderstawe. Daar word alle grond, klippe en vreemde materiaal deeglik van die peule en ranke afgeskud.

image

Daarna draai die omdraaitrommels die plante om en pak hulle in netjiese, stewige, small windrye met die peule bo om in die gesondste, gerieflikste omstandighede uit te droog.

Aansienlike laer onderhoudskoste kan op dié uithalers verwag word, aangesien die meeste sluitonderdele, insluitende die lemme en dryfkettings, nou ook plaaslik vervaardig word.

image

Double Master II

Valtrac maak dit net so maklik om die grondbone op te tel en te dors met die Colombo Double Master II, wat die plante netjies optel en sagkens, maar skoon, dors teen ‘n tempo van 20 ton tot 30 ton grondbone per dag.

image

Die Double Master II se opteller is veerbelaai en het gidswiele sodat dit die grondkontoere getrou volg. Die optelvingers kan verstel word sodat materiaal sonder verlies opgetel word, maar sonder dat enige grond daarmee saam in die masjien beland.

Die dorssilinder met sy klopperpenne en konkaaf stel die produsent in staat om grondbone of bone in enige vogtoestand te dors – van groener tot droër – sonder om die pitte te beskadig. Die pitte breek nie en kan dus vir saad gebruik word.

‘n Rotor aan die einde van die silinder werp die hooi uit die masjien en die skudsif voer die pitte na die masjien se agterkant, waar ‘n suiggeut alle klein onsuiwerhede verwyder. ‘n Bakkieshyser voer die pitte na die hidrouliese bak, wat 1 200 kg grondbone of 3 000 kg droëbone hou.

image

Twin Master

Nog vinniger dors die Colombo Twin Master met sy rotasie-ontwerp. Die Twin Master is die toppunt in grondbonestrooptegnologie. Sy hidroulies-aangedrewe laeprofiel-opteller en dubbelvoerwurm verseker ‘n gelykmatige materiaalvloei.

image

Rotasiedors is as die beste dorsmetode bewys. Dit werk nie so hardhandig met material soos ‘n konvensionele silinderstroper nie, maar gebruik die rotor se middelpuntvliedende krag om grondbone uit die ranke te verwyder teenoor die pluisaksie van veertanddorsstelsels. Dit verminder skade aan die grondboonpitte, verbeter skeiding van grondbone en ranke in natter toestande en bied die produsent dus meer werkure deurdat hy in kritieke tye vroeër kan begin dors en later kan ophou.

Die Twin Master het twee tamaai rotors, wat ‘n reusagtige dorskapasiteit verseker.

Grondbone word nooit rondgeblaas deur die Twin Master tydens die dorsproses nie. Sterk vakuumwaaiers tel die hooi van die grondbone af op wanneer dit die einde van die skudpan bereik. Dit sorg vir die volledige herwinning van grondbone en maak dit maklik om sand en klippies deur die onderste siwwe in die skudpan te sif. Daar is ook geen penswaaier of luggeute onder die masjien nie.

Twee bakkieshysers voer die skoon grondbone na die tenk, waar ‘n hidrouliese awegaar dit gelykmaak om ‘n bergkapasiteit van 4 250 kg te verseker. ‘n Groot voordeel van die Twin Master is dat dit skoon en volledig dors en min afgedopte pitte lewer (looseshell kernels of LSK). FH Arthur en LM Redlinger het in ‘n artikel in die Journal of economic entomology bewys dat grondbone met ‘n hoër persentasie afgedopte pitte en vreemde materiaal tydens berging meer blootgestel is aan insekskade as heel, skoon grondbone soos wat die Twin Master lewer.

Colombo masjiene is sterk, robuus, betroubaar, eenvoudig en maklik om mee te werk. In Suid-Afrika word dit gerugsteun deur Valtrac se legendariese diens.

 

Publication: February 2012

Section: Input Overview

Search