• Login
  • Search Icon

Corporate social responsibility report/Sosiale maatskaplike verantwoordelikheidsverslag

December 2015

image
     

SOCIAL RESPONSIBILITIES

Grain SA’s strategic objectives also focus on social responsibilities.

The organisation’s production costs and market information data are used by various role-players in the grain value chain to support decision-making.

Users of Grain SA’s data include:

  • Researchers and research institutions
  • Input providers
  • Financial entities
  • The national Department of Agriculture, Forestry and Fisheries (DAFF)
  • Agricultural businesses
  • Grain dealers
  • The insurance industry

Objective market information is essential for the functioning of a free market. Supply and demand analyses for grain are readily available in world markets. However, similar processed information for the South and southern African markets is limited.

Grain SA supports this process by gathering local and international data and making the interpreted information available to all role-players via the Grain SA website. The database is updated continuously with local and international grain and oilseed analyses. The high number of visits to the Grain SA website confirms the need for an objective and independent source of information in the South African grain industry.
 

SOSIALE MAATSKAPLIKE VERANTWOORDELIKHEDE

Graan SA se strategiese doelwitte fokus ook op sosiale en maatskaplike verantwoordelikhede.

Die organisasie se produksiekoste- en markinligtingsdata word deur verskeie rolspelers in die graanwaardeketting gebruik om besluitneming te ondersteun.

Gebruikers van Graan SA se data sluit in:

  • Navorsers en navorsingsinstansies;
  • insetverskaffers;
  • finansiële entiteite;
  • die Nasionale Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DLBV);
  • landboubesighede;
  • graanhandelaars; en
  • die versekeringsbedryf.

Objektiewe markinligting is noodsaaklik vir die funksionering van ‘n vryemark. Vraag-en-aanbodontledings vir graan is geredelik in wêreldmarkte beskikbaar. Soortgelyke verwerkte inligting vir die Suid- en Suider-Afrikaanse mark is egter beperk.

Graan SA ondersteun hierdie proses deur die insameling van plaaslike en internasionale data en die vertolkte inligting word via die Graan SA-webblad aan alle rolspelers beskikbaar gestel. Die databasis word deurlopend opdateer met plaaslike en internasionale graan- en oliesade-ontledings. Die hoë aantal besoeke aan die Graan SA-webblad bevestig die behoefte aan ‘n objektiewe en onafhanklike inligtingsbron in die Suid-Afrikaanse graanbedryf.

 

Publication: December 2015

Section: General overview

Search