• Login
  • Search Icon

Chemiese beheer van stamruspers in Bt-mielies – ‘n resep vir ‘n misverstand

August 2011

PROF KOOS VAN RENSBURG, LNR-INSTITUUT VIR GRAANGEWASSE

Die hele idee van Bt-tegnologie is dat die gebruik van insekdoders uitgeskakel word en dat slegs die teikeninsek geaffekteer word – seker die mees omgewingsvriendelike tegnologie ooit (ten spyte van die sogenaamde groen bewegings se kritiek).

Ongelukkig het dit so gebeur dat sekere stamrusperbevolkings in besproeiingsgebiede weerstand teen die huidige Bt-toksien (die Mon810-geen) ontwikkel het en sedertdien verskaf Monsanto gratis insekdoders aan produsente waar insekweerstand vermoed word.

Die besluit of dit nodig is, word geneem deur ‘n vergelyking te maak tussen besmettingsvlakke in die Bt-gedeelte van ‘n aanplanting en in die toevlugsoord. As die Bt-deel ongeveer dieselfde besmetting as die toevlugsoord wys, word dit aanvaar dat die Bt nie na wense gewerk het nie en is vergoeding ter sprake.

Dit word dan aanbeveel dat insekdoders toegedien word wanneer 10% van die Bt-plante beskadiging wys, wat in lyn is met die aanvaarde drumpelwaarde vir chemiese bestryding.

Maar nou is daar ‘n skroef los. Die Mon810-geen het van die begin af nie volle beheer van besmettings in die na-pluimperiode verskaf nie omdat ‘n deel van die larwes op die baard kan oorleef en dan later die boonste plantdele binnedring.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Aug%2011_Stamruspers%20in%20bt%20mielies.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: August 2011

Section: Wenartikels

Search