DHTML Menu JavaScript Menu Powered by Milonic
 
     
 
 
 
Newsletter / Nuusbrief
 

11/05/2012
WEEK 19 – 2012

 

Goeie nuus rakende brandstofpryse - Junie 2012

Petru Fourie (landbou-ekonoom: Insette en Produksie, Graan SA)

Goeie nuus vir produsente is dat daar redelike dalings in brandstofpryse verwag kan word. Volgens die jongste inligting van die Sentrale Energiefonds kan die petrolprys op 6 Junie 2012 met 38 sent per liter en die dieselprys met 20 sent per liter DAAL. Dié verwagte dalings is grootliks as gevolg van die huidige laer internasionale olieprys.  Die olieprys het in April teen ʼn gemiddeld van VSA$120 per vat gehandel, terwyl dit die afgelope maand teen gemiddeld $116 per vat beweeg.  Hierdie dalings kan grootliks toegeskryf word aan swakker ekonomiese toestande in Europa. Die rand het gedurende dieselde tydperk versterk en bring verdere dalings in brandstofpryse mee.

 

Terug na bo
 

Kunsmisprysverwagtinge vir Junie 2012

Corné Louw (senior ekonoom: Insette, Graan SA)


  Internasionale kunsmisprystendense kan met ‘n redelike akkuraatheid gebruik word om veranderings in plaaslike kunsmispryse te voorspel. Vanaf April 2012 tot die eerste week in Mei is gesien dat internasionale kunsmispryse soos volg verander het (Tabel 1):

Tabel 1:
 

Gemiddelde internasionale kunsmispryse (dollarwaarde)

 

Kunsmis

April 2012

3 Mei 2012

% verandering

dollar/ton

dollar/ton

%

Ammoniak (Midde-Ooste)

426

465

+9.2%

Ureum (46) (Oos-Europa)

511

545

+6.7%

DAP (VSA Golf)

504

493

-2.2%

Kaliumchloried (CIS)

479

478

-0.2%

R/$ wisselkoers

7.828

7.776

-0.7%

Tabel 2 toon die internasionale kunsmisprysbewegings in rand-terme aan. Uit die tabel kan gesien word dat die internasionale pryse van ammoniak en ureum redelik skerp met 8.4% en 6.0% onderskeidelik gestyg het. Die pryse van DAP en kaliumchloried het in dieselfde tydperk met 2.9% en 0.8% gedaal. Sou hierdie tendens vir Mei aanhou kan dus verwag word dat stikstofpryse in Junie kan styg, terwyl fosfaatpryse kan daal.

Uit internasionale verslae blyk dit dat die rede vir die onlangse styging in internasionale ureumpryse hoofsaaklik te wyte is aan ‘n sterk vraag vanaf die VSA as gevolg van groot mielie-aanplantings. Daar word egter verwag dat pryse weer na die middel van die jaar kan afkoel en kan daal.

Tabel 2:
 

Gemiddelde internasionale kunsmispryse (randwaarde)

 

Kunsmis

April 2012

3 Mei 2012

% verandering

rand/ton

rand/ton

%

Ammoniak (Midde-Ooste)

3 335

3 616

+8.4%

Ureum (46) (Oos-Europa)

3 999

4 238

+6.0%

DAP (VSA Golf)

3 945

3 830

-2.9%

Kaliumchloried (CIS)

3 751

3 720

-0.8%

Historiese kunsmisprysstatistiek

Tabel 3 en 4 dui aan wat met internasionalekunsmispryse in dollar- en in rand-terme oor ʼn jaartydperk gebeur het. Uit die grafieke is dit duidelik dat ureum- en kaliumchloriedpryse uitermatig gestyg het. Die verswakking van die rand oor ʼn jaartydperk het die styging vergroot.

Tabel 3
 

Gemiddelde internasionale kunsmispryse (dollarwaarde)

 

Kunsmis

April 2011

April 2012

% verandering

dollar/ton

dollar/ton

%

Ammoniak (Midde-Ooste)

486

426

-12.3%

Ureum (46) (Oos-Europa)

365

511

+40.0%

DAP (VSA Golf)

613

504

-17.8%

Kaliumchloried (CIS)

433

478

+10.4%

R/$ wisselkoers

6.720

7.828

+16.5%

Tabel 4
 

Gemiddelde internasionale kunsmispryse (randwaarde)

 

Kunsmis

April 2011

April 2012

% verandering

rand/ton

rand/ton

%

Ammoniak (Midde-Ooste)

3 266

3 335

+2.1%

Ureum (46) (Oos-Europa)

2 455

3 999

+62.9%

DAP (VSA Golf)

4 121

3 945

-4.3%

Kaliumchloried (CIS)

2 911

3 751

+28.9%

Tabel 5 toon aan wat oor ‘n jaartydperk met plaaslike kunsmispryse gebeur het.

Tabel 5
 

Gemiddelde plaaslike kunsmispryse

 

Kunsmis

Mei 2011

Mei 2012

% verandering

rand/ton

rand/ton

%

KAN (28)

4 107

4 551

+10.8%

Ureum (46)

5 027

6 210

+23.53%

MAP

6 813

6 788

-0.37%

Kaliumchloried

5 856

6 626

+13.15%

 

Terug na bo
 

Graan SA se koringtariefaansoek is op 24 April ingedien

Wessel Lemmer (senior ekonoom: Marknavorsing, Graan SA)

  Die voorgenome aanplanting van koring het vanjaar in die Vrystaat met 25% gedaal en koringaanplantings is sedert 1936 teen die laagste vlakke op rekord. Graan SA het op 24 April vir ʼn hoër koringtarief aansoek gedoen. Die gemiddelde internasionale VSA Hard Red Winter (HRW)  #2 koringprys vir die afgelope vyf jaar beloop VSA$288/ton, teenoor die huidige verwysingsprys van VSA$215/ton. Indien die internasionale koringprys laer daal as VSA$215/ton sal ʼn koringtarief eers inskop. Gemeet teen die vyf-jaar gemiddelde prys van VSA$ 288/ton is dit duidelik dat die huidige verwysingsprysvlak heeltemal te laag is.

Graan SA se aansoek sluit ook bykomend tot die VSA$288/ton ʼn faktor van 10.35% (VSA$29.84/ton) in, wat voorsiening maak vir die subsidies wat in koring-uitvoerlande aan hul produsente betaal word. Ongelukkig word die gemiddelde seevragkoste van VSA$36.95/ton afgetrek omdat dit beskou word as ʼn geografiese liggingsvoordeel wat nie deel van die koringtarief kan uitmaak nie. Gevolglik word die bedrag van die subtotaal van VSA$318.15 afgetrek tot ʼn verwysingsprysvlak van VSA$281.20/ton..

Die huidige koringlewerings maak slegs 47% van ons land se behoeftes uit. Ter wille van voedselsekuriteit behoort die syfer nader aan internasionale norms van ongeveer 85% te wees. Om dit reg te kry sal die verwysingsprys verder verhoog moet word omdat die huidige vlak volgens die tariefformule (VSA$281.20/ton) steeds nie voldoende is om die koringbedryf te laat herstel nie.

Uit historiese data is dit duidelik dat die produsentelewerings toeneem sodra die relatiewe prysverhouding tussen die broodprys en die koringprys ten gunste van koringverbouing is. Die broodprys neem nie noodwendig onder die omstandighede toe nie. Volgens Graan SA se berekeninge behoort die invoertarief verder aangepas te word met ʼn selfvoorsienendheidsfaktor van 1.158 of VSA$44.43/ton. Die resultaat is ‘n verwysingsprys van VSA$326/ton. Dit sal ʼn tarief van ongeveer R233/ton in plek stel.

ITAC is tans besig om Graan SA se aansoek te oorweeg.

 

Terug na bo
 

Produsentelewerings

Wessel Lemmer (senior ekonoom: Marknavorsing, Graan SA)

Die produsentelewerings vir geel- en witmielies het sedert 12 Maart skerp begin toeneem en gevolglik het die druk op plaaslike mieliepryse gevolg. Internasionale markfaktore was tot dusver prysondersteunend. Die mark wag in afwagting op die USDA-syfers wat Donderdag 10 Mei verskyn.

Remaining maize deliveries in current marketing season

Oorblywende mielielewerings vir huidige bemarkingseisoen

 

White/Wit

Yellow/Geel

Total/Totaal

 

Early deliveries (Mar & Apr) (tons)

209 000

348 000

557 000

Vroeë lewerings (Mar & Apr) (tonne)

Deliveries (May-Feb) (tons)

 78 000

100 000

178 000

Lewerings (Mei-Feb) (tonne)

Total deliveries (tons)

287 000

448 000

735 000

Totale lewerings (tonne)

 

 

White/Wit

Yellow/Geel

Total/Totaal

 

NCEC (tons)

6 415 200

4 705 850

11 121 050

NOK (tonne)

SAGIS deliveries up to date (tons)

287 000

448 000

735 000

SAGIS lewerings tot op hede (tonne)

Difference (CEC & SAGIS)

6 128 200

4 257 850

10 386 050

Verskil (NOK & SAGIS)

Adjustment for onfarm consumption & storage (tons)

60 000

250 000

310 000

Aanpassing vir plaasverbruik & stoor (tonne)

Outstanding after adjustment (tons)

6 068 200

4 007 850

10 076 050

Uitstaande op NOK aanpassings (tonne)

Remaining weeks for delivery

42

42

42

Uitstaande weke vir lewering

Delivery tempo needed to obtain CEC estimate

144 480.95

95 425

239 906

Leweringstempo benodig



 


Terug na bo
 

Eksklusiewe voordele by Graan SA se NAMPO Oesdag 2012

Marna Swart (skakelbeampte, Graan SA)

 
Graan SA-lede kan vanjaar weer uitsien na eksklusiewe voordele by die jaarlikse NAMPO Oesdag wat plaasvind vanaf 15 tot 18 Mei. Gratis toegang en ‘n eksklusiewe parkeerterrein, maak dit vir lede maklik om die Oesdagterrein te betree. Dan is daar ook die Graan SA lede-lokaal waar oud en jonk ‘n lekker koppie koffie en verversings kan geniet.                                       

Briewe met al die nodige inligting is aan lede gestuur, maar indien u nog nie u brief ontvang het nie, kan u gerus met Rika van Niekerk by 071 641 9243 kontak.

Daar is ook by ‘n vorige Hoofbestuursvergadering besluit dat lede wat meer as R5000 heffing betaal vir twee addisionele toegangskaartjies kwalifiseer asook dat lede die eksklusiewe ledeparkering vir al vier dae van die Oesdag mag gebruik. Reëlings in dié verband moet asseblief by die ledelokaal getref word.

Let ook daarop dat lede wat invlieg na NAMPO Park, asseblief kaartjies by die Noordhek moet aankoop, waarna u by die ledelokaal vergoed sal word, aangesien u ledekode nie by die Noordhek geldig is nie.

Sien jou by Graan SA se NAMPO Oesdag.

 

Terug na bo
 

VIR MEER INLIGTING OOR ENIGE VAN DIE ARTIKELS, SKAKEL DIE BETROKKE GRAAN SA PERSONEELLID BY (056) 515-2145 OF BESOEK DIE WEBBLAD BY  www.graansa.co.za