• Login
  • Search Icon

Belangrike ekonomiese aanwysers en insetprystendense van 2010

January 2011

CORNÉ LOUW, SENIOR EKONOOM: INSETTE, GRAAN SA EN PETRU FOURIE, LANDBOUEKONOOM: PRODUKSIE/INSETTE, GRAAN SA

Insetpryse het weens die ekonomiese resessie vanaf 2008 tot 2009 skerp gedaal, vanwaar dit weer geleidelik begin styg het soos wat die wêreldekonomie herstel begin toon het en die vraag na insette verbeter het. Op internasionale markte het insetpryse, veral ruolie en kunsmispryse, vanaf 2009 na 2010 skerp toegeneem, maar weens die versterking van die rand teenoor die dollar het plaaslike insetpryse nie tot dieselfde mate as op internasionale markte toegeneem nie. Tabel 1 toon die prysbewegings in van die belangrikste ekonomiese- en insetprysaanwysers aan.

Produksieprysindeks
Die produksieprysindeks (PPI-basisjaar: 2 000 = 100) dui die prysstygings van goedere en dienste op die groothandel- of vervaardigingsvlak in die ekonomie aan. ‘n Onderskeid word tussen die prysstygings van totale- en ingevoerde goedere getref. Die prestasie van die rand teenoor die geldeenhede van die vernaamste lande waarvandaan invoere plaas vind, het ‘n groot invloed op die pryse van ingevoerde goedere. Op ‘n jaargrondslag, het die produksieprysindeks tot Oktober 2010 met 6,4% gestyg. Oor dieselfde tydperk het die pryse van ingevoerde goedere met slegs 1,3% gestyg. Ingevoerde goedere het tot ‘n mindere mate gestyg as gevolg van die plaaslike wisselkoers wat op ‘n jaar tot jaar basis versterk het. Verbruikersprysindeks

Kliek op   https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Jan%202011_Ekn%20aanwysers_1.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: January 2011

Section: Input Overview

Search