• Login
  • Search Icon

Aspoestertjie-vee

August 2010

JOHN FAIR, SA BIOFARM INSTITUTE

Daar is onteenseglik ‘n groot mate van waarheid in die stelling dat sukses in die lewe bereik word deur die regte vrae te vra. Dit impliseer dat deur die regte vrae vas te pen, die regte antwoorde verkry word; antwoorde wat tot voorspoed kan lei.

Daarom meen ek dat produsente in die gemengde boerderygebiede van ons land die volgende vraag behoort te kan beantwoord: Waarom is die inkomste-stabiliserende veefaktor oor die laaste vyftig jaar geleidelik ten koste van die hoër risiko kontant-oesverbouing afgeskaal? Anders gestel: Waarom het die veeprinses weer Aspoestertjie geword?”

Gemengde boerderygebiede is eintlik baie geskik vir veeproduksie. Die klimaat is guns tig – die somers is gematig en dit verseker goeie diereprestasie; die koue winters onderdruk weer die opbou van inwendige en uitwendige parasiete. Die voorkoms van vrektes weens ernstige siektes is ook laer as in sub-tropiese gebiede. Verreweg die belang rikste voordeel van veeboerdery in gemengde boerderygebiede (GBG) is egter dat kapitaalbesteding in grond per grootvee-eenheid (GVE) aansienlik laer is as enige ander van die aanvaarde veeboerderygebiede in ons land. Die rede hiervoor is dat potensiale drakrag van die GBG soveel hoër is – veral as lae koste weidings gevestig word. Om dit te illustreer word die kapitaalbelegging per GVE, in terme van beesboerdery, in vyf verskillende gebiede in Tabel 1 uiteengesit.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Aug%2010_Aspoestertjie%20vee.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: August 2010

Section: Wenartikels

Search