• Login
  • Search Icon

AMMONIUMSULFAAT lei tot beter onkruidbeheer

May 2010

HESTIA NIENABER, LNR-KLEINGRAANINSTITUUT

Verskeie hulpmiddels met plaagdoders is tans in Suid-Afrika geregistreer. Hulpmiddels is produkte wat tot ‘n mate kompenseer vir omgewingstoestande wat die doeltreffendheid van onkruiddoders strem. Hulle stabiliseer doeltreffendheid onder verskeie toestande, verhoog doeltreffendheid onder stremmingstoestande en verlaag die kanse vir gewasskade onder optimale toestande in vergelyking met die gebruik van hoë dosisse.

Hulpmiddels het opsigself geen plantdodende eienskappe nie, maar speel ‘n belangrike rol om die werking van onkruiddoders te verbeter. Dit kan die verskil tussen geen of uitstekende beheer beteken. Daar bestaan ‘n persepsie dat alle hulpmiddels dieselfde is en dat dit omruilbaar is. Dit is soms waar wanneer onkruiddoderdosisse hoog genoeg is om totale onkruidbeheer te bewerkstellig, maar geld nie wanneer lae ekonomiese dosisse onder stremmingstoestande gebruik word nie.

Die belangrikste doel van hulpmiddels is om onkruiddoders se doeltreffendheid te verhoog veral wanneer lae, ekonomiese dosisse aangewend word. Om te bewys dat die hulpmiddel/onkruiddoder-interaksie wissel, kan glifosaat as voorbeeld gebruik word. Vorige navorsing dui daarop dat glifosaatbeheer teen dieselfde dosis kan wissel van 10% en 90% met die byvoeging van verskillende hulpmiddels.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Mei%2010_Inset%20Onkruidbeheer.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: May 2010

Section: Input Overview

Search