• Login
  • Search Icon

ALLES wat jy moet weet oor NAMPO onder een dak

April 2016

SA Graan/Grain redaksie

Waar kan ek oorbly tydens Graan SA se NAMPO Oesdag? Watter vervoeropsies is daar na en van NAMPO Park? Watter uitstallers gaan vanjaar by NAMPO wees? Waar kan ek vooraf my NAMPOtoegangskaartjie koop? Doen jou beplanning vooraf en kry jou antwoord op dié vrae en meer op die NAMPO Oesdag-webblad by www.nampo.co.za.

Nadat jy jou verblyf, vervoer en toegangskaartjie gereël het, kan jy die opgedateerde Oesdagprogram en ‘n kaart van die uitstalruimtes op dié webblad gaan aflaai. Sou jy van jou eie vervoer gebruik maak, is daar ook ‘n roetekaart na NAMPO Park op die webblad beskikbaar. Verkies jy om te vlieg? Kry die koördinate en meer inligting oor die vliegveld ook hier. Indien jy enige ander vrae oor die Oesdag het, is jy welkom om die kontakpersone op die webblad te skakel vir meer inligting. Die NAMPO Inligtingskantoor op NAMPO Park sal aan besoekers onder andere inligting gee oor uitstallers, produkte, verversingspunte en algemene navrae oor die Oesdag.

Laai die toepassing af
Besoekers aan die Oesdag sal vanjaar weer in staat wees om die NAMPO toepassing (app) op hul slimfoon af te laai, wat die besoeker in staat sal stel om QR-kodes met sy slimfoon te skandeer en sodoende inligting oor die betrokke uitstallers wat geregistreer is, se produkte te ontvang. Die uitstaller sal ook deur middel van dié toepassing inligting oor die besoeker ontvang. Die daaglikse program, asook uitstallers- en produkinligting sal ook op die toepassing beskikbaar wees. Met jou aankoms op NAMPO sal jy ‘n gratis kopie van die hekprogram ontvang – daarin sal jy ook die Oesdagprogram,  terreinkaart en al die uitstallers se besonder - hede kry. Terwyl jy middagete onder die bome op die terrein geniet, besoek die webblad op jou foon by www.nampo.co.za en vind uit hoe die Oesdag tot stand gekom het. Deel ook interessante NAMPO-feite en -syfers op die webblad met jou familie en vriende – ons vier immers die 50ste Oesdag vanjaar!

ALLES wat jy moet weet oor NAMPO onder een dak

Publication: April 2016

Section: NAMPO

Search